DONDERDAG: Hemel en hel
Wa voor die os Een van die briljanteste mense – nie wat ek kén nie – waarvan ek gehoor het, is ‘n plattelandse leraar in Oos-Duitsland gewees. Hy het in die sewentiende eeu in Slesië (deesdae ‘n deel van Pole) geleef. Of evangelies of rooms, weet ek nie. Doktor Johannes Scheffler het ook gedig, veral […]
Daar’s net iets omtrent ‘n Sondag
die son val deur my ruite en maak patrone op my bed met tak en blaar . . . en vêraf hoor ek kinders wat in die strate van Brackenfell baljaar daar’s krieket op die tv maar die radio speel nog steeds klassiek die wind is net ‘n roering en die duif in die […]
Asemloos
‘n Wolk het oor die berg kom lê (selfs wasem moet ‘n rusplek hê) soos ‘n laken oor die lyf van een wat dood is. * Toe huil die wind deur die doringboom (die een waarin die singvoëls woon) en treur duiwe in ‘n beurtsang in die wete dat vuur en vlam en son verdwyn, […]
Snaar-spore
Longe pomp nat asem… wasem… dit baar woorde… Woorde leef sonder asem in asem Woorde spat, klap, verniel en tart Wanneer is ‘n woord Woord? Wanneer is ‘n woord dood? God se Woord is Woord Woord leef, Woord is brood Woord vloei in woorde, soos salwings-druppels drup-trek dit heuning drade van goue sonstrale teen my […]
Want daar’s niks wat lewe gee soos water nie
en ek’s jammer vir jou skape en ek’s jammer oor die bees die somers was nou drie jaar lank net veels te droog gewees ek weet die vleie loop nie en die veld is dor en vaal ek wis die son se skroei sal nog die laaste lewe uit selfs ‘n bitterbos kan haal maar […]
WONDERWERKERS
Maria was nog baie jonk en van Nasaret daarby – ‘n onbenullige ou dorpie met niks besonders in te kry. Maar op ‘n dag kom daar ‘n engel – (Gabriel, was sy naam) met ‘n boodskap van die Here af wat haar stil, verstom laat staan. Moenie bang wees nie, Maria (vertroos die engel haar) […]
Saphira en die Toorlied
Die swart-en-bruin Feetjie Hond haal diep asem soos sy die koel woud binne tree. Dit het ‘n daaglikse oefening geword om woud toe te kom. As die lus eers vir Eolande beetkry, moet Saphira maar gaan jag. Nie dat sy omgee nie. Haar beskermling is swanger en het ‘n gesonde aptyt. As sy moet wag […]
DONDERDAG, Vangkuil
Mense wat roem verwerf, is meestal om één rede beroemd. Ons skoolbiblitekaris het by voorbeeld Johann Sebastian Bach as musikus ingedeel. Logies, nè? Bach het egter ‘n roman geskryf wat nie onder ,Fiksie’ te vinde was nie, maar onder ,Musiek’ tussen leerboeke, waardering en biografie asook Musiek noteversamelings van verskillende komponiste. Ander mense het ook […]
‘n Vinnige versie (1)
een oggend word jy wakker in die nag se donker uur daar waar duister jou kasty in die lang minute tussen drie en net voor vier jy weet die dagbreek kom al nader en teen 5-uur maak die son al elders lig jy skakel jou tablet aan . . . en waag jou hand aan […]