on(verwags)
– toe jy daar was was daar lewe energie die Lig wat min herken het eers toe die Lig duisternis word toe dit te laat was en net verwyt oorbly het hulle die Lig erken en begin ween – so is ek gebore ‘n kleine dorpeling uit die skoot van eenvoud het Hy my laat […]
si mendacium est veritas
– feite word geite wanneer leuen plek verruil met die ware waarheids woorde binne in hierdie wêreld van geweld waar nasies ander nasies gebruik om hul nuutste wapens te toets is daar geen vrede meer oor slegs hond eet hond – norme word verweerde flos alles wat nasietrots gebind het verwas in malle wêreldse gekots […]
weë
– wie weet wie weet waarheen wie weet waarheen die weg wie weet waarheen die weg lei die weë van die lewe is so onvoorspelbaar waar jy vandag gebore word, en môre eindig is meestal onbekend en soms onbemind wie wil die toekoms kan voorspel weet wat jy oormôre gaan wees hoe droog en onvrugbaar […]
Roos van Saron
Hooglied – Lied der liedere lied der liedere ʼn Hoogliedsgesang pryse aan ware liefde in blom se kroonblaar-bloswang geure van intense vreugde soos lelies van die Goddelike veld lokkende liefdesaromas van Maria as mistieke roos vermeld gespreide bloemvlerke van die Bybel se trooskuur kalmerende geure op aandlug soos engelboodskappe gestuur al is roosbome afwesig in […]
as die kerkklokke lui (silwer)
wanneer winter vroeë môre sluimer-sloer, songesig skuifel-skuifel, knipoog-loer rafelhang ‘n asgrys wolkjas kort voor lank waar onewe horlosiebene drentel, skuins na ag ewe hinke-pinke, skamerig alom die skilferende plooigesiglyne waaragter kerkklokke nou luidkeels dog hoogheilig langsaam huil dreunerig snikkend in klingel-klang herroep dan ‘n era van jare lank, draai honderde sonsopkomste terug en my kaalvoetkind […]
sirkel
– soos ons weerpatrone seisoenaal in sirkels rondskuif so skuif mag in die hande van nasies magtige nasies soos die romeine karthagiërs en supermoondhede eers bou die mag op tot hoogste dan verval dit jammerlik – soos gewoontes en kulture deur die eeue wisselend verander gemaal en verskeur deur allerlei invloede eens heilige idees van […]
Poort van die heuningbye – Hoofstk 26
Poort van die heuning bye (H26) Die maande gaan verby, Brain werk lang ure saam met die werkers aan die pas. Deur die vallei galm die kap van klippe naweke bou hy sy huis met klippe, dan help selfs Paul, Floors en Kobus mee. Tussen Paul en Brain is daar geen kwaai gevoelens nie. Paul […]