Seile voor die wind (Silwer)
So baie keer vra ons die Heer vir genoeg wind sodat ons ‘n bestemming kan vind. So baie keer wag ons lank met oë moeg gestaar na die kim se rand en dink wat ons kan vermag wanneer God die wind stuur, eendag. ‘n Dobberende skippie wat taan wiegend op die lewe se groot oseaan […]
Koste van ‘n wapenstilstand
ek het ‘n wapenstilstand in die uithoeke van jou oë beleef; toe ek verby die skermutseling kyk wat verward stoei in jou kop kon ek waarneem dat jy lanse breek en van nuwe psalms preek jy predik dat berge nie kan verrys as die aardbewings in stilte suis nie dat koringkorrels eers moet sterf voor […]
KOSMOSVREUGDE (SILWER – 398 WOORDE)
Die mensdom is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie, ons het mekaar nodig, dalk meer as wat ons ooit sal besef. Soms gebeur goed tussen vriende, waarvan baie dalk net ‘n misverstand is, wat veroosaak dat ons uit teleurstelling en/of woede ons rug op kosbare vriende of familie draai. Dan kom […]
Geite en Feite (Silwer)
Snaaks hoe iemand iets kan kwytraak, ander dit kan opraap, en ‘n geit oornag kan laat verander in ‘n feit! Kyk nou maar net weer al die berigte en sensasionele stories en boodskappe wat oor ons spoel vandat die “corona” ontwaak het. Voor dit was dit die “sars” en voor dit … So sal ons […]
Die waarde van vrouwees (Silwer)
So baie mans kla oor hulle vrouens, maar besef nie dat sy die produk is van wat hy (sy liefde / sy houding / sy gedrag) van haar maak nie. Ons vroue is inherent sag, vriendelik en liefdevol, maar boeta, vryf ons verkeerd op en jy gaan vir seker die vonke sien spat. ‘n Vrou […]
Ek het jou nie nodig nie
Alhoewel ek jou nog liefhet, het ek jou nie meer nodig nie. Ek het afskeid geneem van ons van jou en jóú drome waarin jy my versmoor. Ek het die grendels gebreek wat beendiep deur my menswees spoor; die kettings en boeie afgeruk wat my van vrede weerhou. Ek het jou vaarwel geheet en van […]
Skemer Drome
Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie onder ‘n groen druiweprieel met gekartelde potplante ‒ hier en daar vol Kalahari kaktusse en bonsai boompies een met ‘n borrelende fontein en die fyn geur van onsterflikheid een wat uitloop op ‘n gryspad tot onder ‘n Jakaranda boom waar […]
Woordmaker (Silwer)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en saffier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie skeppingsvaardigheid om skoonheid en duursaamheid in blywende woordjuwele te […]
My lief
My lief Kom saam vanaand as die son gaan lê neem my hand en dans met my in ‘n maanligaand onder sterrelig net ek en jy van mens’ en sorge vry. Elna Kruger 17/2/2021 Kopiereg
Gelapte legkaart Silwer
My legkaart lê op die vloer – stukkend (van die tafel afgesmyt) jy het met jou vuil voete die brokstukkies kom stukkend trap hier waar ek stadig maar seker my lewe wou bou my liefde uitgesprei oor ‘n denkbeeldige vaste rots hier het jy skelm stukkies van my lewe kom steel; toe ek halsstarrig aanhou […]