Hier is huis
Hier is huis (Brons) waar my bed is en my vrou daar is huis, het jy altyd gesê nou’s ons bed nog hier en ek maar sonder jou tog is dit nog huis voel ek hier tuis tussen ons storiegoed tot ons weer ontmoet by die hemeltroon wil ek hier woon met ons bed en […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]
Uit die as Silwer Julie 2022 projek
Sal ons ooit eendag kan verstaan waarom die klein pionier na die brande blom groen spatsel kleur wat verskyn in die as soos ʼn Fenix wat uitreik na die son
Hemelskadu
Liefling, jy is die sterk hart wat die polsslag van ons liefde bepaal, so ons dra jou met trane oor ons wange maar dankliedere in ons harte na ‘n plek waar lang koeltebome en begroeide graniet hul eie storie verhaal. © Zebbie
Eenkleurreënboog
Wanneer my gedagte huiwer om van my jou te vergeet sal ons Skepper deur Sy skilderwerk ‘n eenkleurreënboog as sonstreep op seevel trek wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop van helder hoop. © Zebbie
VERGEEF OM TE VERGEET
Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe want orals lê lyke rondom jou en bewe so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor vou ek my hande saam om jou te vergewe. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
STERK STILTES (BRONS AFDELING)
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
“Die sagte wat ons het, die taal”. (Silwer)- 268 woorde
Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat ons taal, Afrikaans tot nadeel kritiseer. Verwysend na die oorweging om die “Afrikaanse Taalmonument” te hernoem. Die museum is dan juis opgebou op die fondasie van Afrikaans en bied van toekatyd insiggewende byeenkomste vir Afrikaanse Taalliefhebbers wat groot belangstelling in ons taal toon. Om […]
ONTDUISTERING (BRONS)
ONTDUISTERING Wat is dit dan waarna ons almal soek? Nat vingers knyp geel blaaie in die Boek. Antwoorde wil ons so desperaat hê: op leeg en doelloos dwaal, wat droom vervloek. Waar hol jy heen as harwar jou pooitjie? Kry jy raad by ’n kreukelhandgrootjie wat jou trane dep tot jy asemskep? Bestuur die Groot […]
Jesus se opstanding
JESUS SE OPSTANDING Christus se opstanding is van kardinale belang die groot gebeurtenis bevestig ‘n getuienis ‘N groot belewenis Meer as enige ander het HY, die mense verander dat Hy, die Seun van God was EN deur die Vader gestuur was Hom deur die Vader gegee was wat deur Sy Vader aanvaar was Alle sondes […]