OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
MY WENS VIR JOU
Mag die son altyd helder voor jou skyn sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan mag jy gereeld op die dak van die nag klim om stringe sterre net vir jouself te pluk mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur vars water uit lopende stroompies drink nuwe grondpaaie sonder mensgemaakte […]
Ons vergete liefdesmense(Goud)
As jy wegvlug in die toevou van ‘n helder hemelskou mag jou hart terugkeer na winter; maar die berge spoeg hul vuur en vra hoeveel nog weet O’ vergete liefdesmens troos is ‘n hand van genade in verdorwe verlate vlaktes- en ons wat weet Ons kraai met elke splintenuwegier want dit is makliker om net […]
Binne seisoen (goud)
En nou weet ek ook dat my somer en winter hand aan hand kan loop. © MEI 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Die krag van reën. (Brons)
(Opgedra aan die slagoffers van Natal se oorstromings en die boere wat deur die droogte geraak is deur die afgelope jare) Stormagtig het sy haar donker kleed styf om haar toe gevou verwoestende trane om haar gestort haar fyn, groen voete diep verspoel stemme verrys smekend in ‘n hulpkreet oë proe bitter verwoesting gesaai want […]
Sonhoop
En toe … toe, was die lug toe die hemelblou in haar oë sonverlore raak in die mis daaragter, haar wolksag wimpers herberg sy hartsverlore in digte mis maar onder haar wol(k)kombers vind sy dog sonderling, rus want, die (ge)mis word soos skemerduur voor sonstraalglim van korte uur toe son se soekarms haar bemin Elizabeth
Ontploffing!
Ontploffing! Ek sit rustig voor my rekenaar en werk soos gewoonlik gedurende die dag. Mens kan voel die somer is op die horison met die swaar drukkende weer wat om jou laer trek. My selfoon is oudergewoonte ingeskakel by die krag van die rekenaar om te herlaai. Ek kyk by die venster uit en die […]
Domkop
Hoe moes ek weet liefde is harde werk en sweet met deeltjies vergewe en vergeet tesame met ‘n skeppie hartseer en ‘n lepeltjie leed? Hoe sou ek kon raai dis nie net Judas wat God sou verraai dat nes ‘n Petrus die haan vir my sou kraai en dat alle sonde se kierankies eendag gaan […]
Episode 2 – Bourke’s Luck
(Lees Episode 1 – 6 SAI Grahamstad) Dit het soos 7 dae en 7 nagte se treinreis gevoel om vanaf Grahamstad na Graskop in die Oos- Transvaal te reis. Daar gekom is ons weer op SAMIL 100 troepedraers gelaai en Bourke’s Luck toe vervoer. ‘n Deel van Bourke’s Luck was ‘n ou tering hospitaal sulke […]