geloof van ‘n vrou
geen oes op die land alles swart verbrand geen diere in die kraal als gestroop en kaal tog gierige hande bly rondom my eis nog meer maak so seer my kind kan ek nie meer vashou nie beskerm teen honger en kou optel as sy val of seerkry sy is lankal nie meer by my […]
Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]
Jou Kind
(Vir Leo) Dis ellendig, Jou gesukkel, Daagliks na, Jou bloed, Jou kind. Dis hartseer, Jy struikel, Jy huiwer, Jy hunker, Dis jou bloed, JOU kind. Maar als tog so vergete in donker gedoop, Die lelike paaie wat die lewe om jou loop, Vanuit jou arms is hy geskeur, Tot in die hede met elke klokslag […]
Seënbede
Ek skryf vir jou ‘n aronskelk langs jou voetpad daar by Velddrif vas en pas ‘n reënwolk bo die leegte van jou dam. Ek wei beeste teen die rantjies van jou heuwels en tussen lentegras en bossies dig ek vir jou ‘n wolwit lam. © Carma Shaw 29 April 2017
Jy prikkel my sintuie
ek proe jou naam in die wasem van purperwinde wat soos engelvlerke oor duinesand vloed in die soet reuk van wilde jasmyn en blou vergeet-my-nietjies maak ek gerwe doudrup-onthou met kringe van ‘n fluweel son vas ‘n kyk gevul met heide-drome wat laatmiddag deur oker-wolke huppel om so die horisonbeker in my irisse oorvol te […]
Kelder Van My Hart
Aangedrewe tot als, aangetrokke tot almal, Opgesluit tussen mure van vlees, Toegesluit in kastele van idees, Ver versteek tussen berg en dal. Die weermag van my gedagtes patroleer onophoudend die strate deur, Angstig opsoek na die geslepe vyand van rekening en realiteit, Die patriarg sal stilletjies vir hom wag. Die gruwelike draak is grusaam verslaan […]
KATEGORIE — Oor WOORDE (volk/nasie, mens/persoon)
KATEGORIE: Oor WOORDe Ek was altyd streng in my kritiek oor hoe dié taal, wat ek liefgekry en aangeneem het, gepraat en geskryf word. Meer as my halwe lewe het ek nou in Duitsland verbring, en ek het beleef hoe ‘n ou kultuurtaal met krag en tradisie deur die voorheersende Amerikaans geteister word. En hoe, […]
Alfa en Omega
juig almal juig Jesus kom weer nie as ‘n kind in ‘n krip as ‘n man aan ‘n kruis maar as die Almagtige tweesnydende swaard in wie se stem die waters druis as die Alfa en Omega in al Sy heerlikheid wat skyn soos die son op ons ongeregtigheid elke knie sal buig elke mond […]
Om te wees
Here laat my wees soos ‘n boom wat sy takke ver uitreik vrugte dra op sy tyd aan die moeë reisiger skadu bied ‘n boom geplant by waterstrome Waar hy rus kan vind lê my neer in groen weivelde waar U lammers wei Here ek is U kind ek weet U sorg vir my stil […]
Gelouterde genade
gelouter deur ‘n helse vuur staan ek in U lig hier in my laaste uur soek ek U aangesig onverdiende genade sproeireën oor my deurdrenk my hele wese U genade maak my vry verdryf al my vrese in U skadu kan ek skuil