Digter
Woorde soos dié het my omtower êrens in ‘n ewigheid verban na die waters van Bethesda waar letters soos engelvlerke om my flap; my tydloos horison oor ‘n ewenaar van enigmas. Selfs in die nanag dwaal my gedagtes om die smal poorte van woorde om halfrym en volrym tot verse te vorm. Woorde soos dié […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]
Doris Day*
hier sit ek op die agterstoep dis veels te warm in die huis die swart hond drink lou water uit haar bak voor die kombuis die avondlug’s belofteloos – ek tel die sterre en een maan en soms wonder ek maar net waaroor die lewe eintlik gaan as die reën die jaar nie kom nie […]
Dis die rede
Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]
Hoe doen jy dit?
Jy draai tyd om jou vingers – s-t-a-a-r na die blinkkant van my spore; in jou oseaan oë is ek vir ewig verlore s-a-g-g-i-e-s streel jou vingerpunte oor my hart jy fluister my winde wakker en staar weer na die naak-kant van my siel my hand styf in joune gee ek oor terwyl jou fluweel […]
Die edel van amber
In Pole – waar dit koud is – aan die Baltiese-see se kus in ‘n land van baie sneeu en reën en mis het – miljoene jaar gelee’ – ‘n boom – in immergroen geklee – harstrane oor haar stam laat loop warm-goud in kleur en muskus was die geur harpuisgom het uit wonde van […]
Godgegewe lewe
Die geringste een geseën my gebede verhoor ek uitverkore een ‘n stukkie ewigheid groei in my die wonder van Godgegewe lewe wat in my ‘n mens gestalte kry dankie Heer dat ek ‘n ma kan wees ek dra in my ‘n nuwe lewe ‘n kind van hoop van wat kan wees ek wil jou […]
Ma se lewensles
‘n Ware verhaal… Ma se lewensles… “Kyk, ek huil elke keer as ek die woorde sê… Dit was nie net ek wat opgestaan het nie…” “Ek het my lewe voor my gehad. Ek was dolgelukkig getroud en ‘n het geweet dat ek die band nooit sou breek. Sien, dit was meer as 50 jaar terug […]
Korale van moederliefde
in die ooptes van die velde waar ribbokke vry kan wei tortel jou koesterwoorde teer deur die gange van my hart met die krag van geloof aan moedersknie geleer loop ek ‘n stormbende plat word my tafels met olie gesalf en Vrede bedrup my lewenspad meer suiwer as diepsee korale kosbaarder as perels, is die […]