Vertroue
ek, geknakte riet maar nog heel voortgespruit uit die swartste grond kyk op na die hemel wieg op die maat van die sagte wind wat deur blare speel dans saam met woeste orkaan trotseer die storms van die nag want ek weet ek sal nie breek ek is veilig God is in beheer van alles […]
Wonder oomblik
Lyk vir ‘n oomblik gelukkig verdwaal in ‘n oomblik van ontvoering en in ‘n wonder-oomblik skitter in die son Mmmmm dis mos nou romanties ‘n Stukkie van my hart en siel sommer net vir iemand, iemand so spesiaal moet nie een oomblik wonder van die oomblik waarin jy is Een oomblik sigbaar- dan nie meer […]
Tyd wat deur die uurglas loop
hosannas in die strate gesing ‘n volk wat hul koning lof en eer bring lofsang van die hosanna-dag weerklink deur tyd word gehoor tot in ewigheid Sy volgelinge te moeg om saam te waak in die nag van bloedsweet lê hul en slaap ons slaap steeds rustig teen die tik van tyd tyd gemeet teen […]
Wenteltrap
te lank in die donker gewees alleen met my hartseer en vrees te lank in die donker gedwaal wag dat iemand my kom haal vasgevang deur die bang van ‘n donker gang wenteltrap stap vir stap wil nie meer, kan nie keer, al die pyn al die seer. hoop en wanhoop bly in my, twyfel […]
Gelapte drome
gelapte drome hartseer en lag lepellê in half-klaar some elke stukkie lap wat ‘n storie vertel van die dromer vasgevang in tyd se sel krom vingers wat nie meer drome kan vang hangkaste vol van vergete drome drome wat half-klaar hang die kind wat die trui moes dra te gou groot die dromer te gou […]
Lewensreis
As die einde van die pad kom draai die swerwer om kyk terug na die sirkels en die draaie van sy lewe se kronkelpaaie die dronk wees van jonk wees sy spore van aan foeter deur die lewe se geploeter wegsink in moeras van verwyte oor wat was die nugter van die lewe se stank […]
Loutering
getoets deur U vuur gelouter deur U smeltkroes Here… wil ek goud wees nie net papier as wat wegwaai in die wind Here, in U naam maak my gesuiwerde metaal wat U toets kan deurstaan om te bly vertrou te loof en sing… al het ek als verloor laat my deur U loutering soos gesuiwerde […]
Vrydag
Tien vingers aan Sy hande een vir elk gebod ‘n doringkroon ‘n lendelap. Is dít die Seun van God? ‘n Houtkruis teen ‘n heuwel vyf tone aan elk voet. Bitterwyn en spykers donkerson en bloed. © Carma Shaw 14 April 2017
’n Ander droom
dit was ’n swart dag ’n lang donker nag wie jy was is jy nie meer al my drome vir jou het gesterf het bly hang in ’n hospitaal gang ek moes ’n ander droom vir jou droom want jy kan jy nie meer kan hardloop soos eers nie meer leer nou staan jy buite […]
Geknakte vlerke
Vasgevang in vrees versplintering van illusies van wat kon wees in die smeltkroes van vuur wroegend worstelend in jou laaste uur brandend ten hemele skree met die asem van God polsend deur elke vesel van jou wese het jy heel geword soos ‘n feniks uit die as herrese met nuutgevonde vlerke bo die storms uitstyg […]