Oktober trane Silwer
Onder die treurwilger bloei ’n roos Kromsteel opgedraai na die son Tranespikkels Oggenddou Blink soos diamant Elke roosblaar Roesrooi druppelnat
hernude geloof
sonder die bril van Covid ervaar jy weer kleur as jy bid proe jy die sonskyn; verstaan die storm se lyn kreukels van inperking rafel aan vriendekring torring aan vertroue wat verbrokkel in aanskoue snotneus spat soutbranders is dit net ek … of ook iemand anders? paniekerig in waterwals kleingeloof skink net wilde als stikkend […]
Kaal werf
Overberg se boer wag Kwynend vir die ryptyd van sy arbeid Tog staan mielies steeds yl Oestyd baie skraal Brak tot in die wortelstok En verskroeid na bowe Rig hy nou sy gebed na God. (Silwer)
Maand van nuut begin (Silwer)
Oor velde heen Klink voëlgesang vrolik en luid Tree blombestuiwers aan vir diens, gereed Om nuwe vrug te laat ontluik Buig natuur afwagtend en Eerbiedig, met vars oortuiging Reikhalsend na somer se ontwaak Met eerste reën ontplof Aarde in ‘n kleurpalet Asof lank reeds verwag Na winter se koue striem Dat nuwe lewe weer ontkiem […]
sielsvreugde
ons is leeg krom onder die stilte en tog blaas die laaste lentegeure oor ons afgeslotenheid en beeldkleur eensaamheid na ryk sielsvreugde
Oktober
Ope helder tuin Kleurvol met varsgeur blomme Tier geurig en vrolik Ontvou vinjettig uit hul heuningpotjie Bloeisel vir bloeisel Elkeen ‘n lus vir alle oë Reuke vul die lug van bo. Silwer
Somerglans
O, mooiste maand Kom kelk oor aard’ jou fleur Tros welriekende balsem Oor laaste winterreste Bot gul nuwe verwagting om Eersug aan te wakker, en Rugsteun somerglans met vreugde! ©Driekie Grobler
Blinde staar
Die waaiende gras na die huil van wind uit ons wye plek wegkarwei en by die plaashek vir my engelduif gewag maar sy het nie teruggekom nie net ‘n blinde staar wat is ek sonder haar ?
Bottelskim
Ek wil jou in ‘n bottel bêre in die binnesee van my siel sodat ek eendag weer kan onthou hoe jy my hart laat klop het toe lig deur my vingers wou glip toe vryheid in my om my vlerkloos gefladder het toe my spore soos wasemwolke tussen sonverslaafdes verdwyn het want sonder dat jy […]
‘n konkavuur vir eendag Silwer
ek blik vir jou ‘n konkavuur om jou hart snags knus te hou, die plekkie waar my beeld eens was in gisters toe te vou want gister was ‘n kabbelstroom waarin die somerson kon baai en liefde sonder ophou aan die maan kon skoppelmaai ek sou so graag jou hand wou neem net een keer […]