laatlente
te lank was jy ‘n wurm kruipende voor hom gehang aan ‘n spindraad papie verstrik in ‘n kokon te lank was ons ontsiendes gesus in ons winterslaap ons ore horende doof om jou kreet te hoor jy was geslaan met stomheid maar nou is dit jou tyd dat lente ook vir jou sal kom monumente […]
ñ moréminnelied
Een geelbotteroggend toerie’ beskonke son agter berge uit sy babbelsug opstaan as ñ blondinestraal Skryf ek vir jou ja jou jy wat immers soos die son oopvou, jy die inkproeëer met haar rariteitige oë toorletters in ñ madrigaal geseën met die Skepper se hande van Bo.
ñ dag voor lente
My lief; waar die koffie uit jou hart se skinkkan kokende vure in my kamers vervlam Oorhandig die reëval ñ dag voor lénte gemengde sinjalere soos ñ watersprout tafereel hy op besmette grond ~ skielik hoor jy ñ hik klank van sagte druppels uit die hemelprieël. Dit is wanneer die seine se snerpende stop nie […]
Haikoe; #Hoop
ʼn vlinder fladder om die blomgerf op ʼn graf waaruit droefheid spruit ©Loretta Szikra 20190919
Lente van ’19
Dit was daardie mooiste seisoen toe ek kaperbriewe in my eie posbus wou los geseël met judas-soene en Lot se geloof maar meer as dit, wou ek migreer Noordwaards na my milieu terug na woestynsand en stof droë rivierlope en ander dinge wat my en my herkoms kon herenig dit was daardie September toe ek […]
Ontwaken
Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet. Gaan stap jy deur die strate wat onlangs […]
GEWAARBORG.
Dis net ’n paar weke gelede dat almal oor die koue gekerm het. Bibberend en bewend en kletter-tand. En nou is dit lente. Daar is vonkel in die oë, huppel in die stap. Vroumense jeuk om te skrop en poleer. Almal het nuwe lewe, nuwe energie, nuwe lus. Selfs nuwe belustigheid. Seisoene in die natuur […]
My naam is Eva
(goud) Vind my teen die hange van ’n Overberg; roep my naam en hoor hoedat ek antwoord gee. Ek reënboog oor die vlaktes en valleie – daar waar ek verbonde met lig se breking smee. Ek vloei in riviere af – strome wat kronkel deur klowe en ’n poort; vloed wyd oor dale waarin riete […]
Lente se wip (Silwer)
spring has sprung soos ‘n meme-haan op vere soos bo-kant-buurman se katel sonder klede en veel minder klere – bytjies en blomme warm voëls woel tekere net soos die were kom die lewe se voortgaan se rede met laaste yswind by waters in vloede bloeisels se groei onder sneeu is beloftes soos eiers in die […]