Net ’n verlangversie
ek verlang na jou soos perlemoen aan rots wil klou soos branders oor die sand wil vee en verbonde met wit strande smee ek verlang na jou soos meeue van oop ruimtes hou soos ’n walvis na ’n oseaan en die vryheid om sy weg te baan ek verlang na jou soos malgasse wat net […]
C’est la vie
my somerhart se jong groen loof deur ‘n liefdeshand sekuur versorg, vertroetel het in die winter verdor, verdroog waar dit eens met narsing en mirre mildelik bedruip is hyg woestynwoorde smagtend na lentereën se liefdesklad kom laaf my met narra sodat my winterhart van vooraf kan bot uitbreek in wilde prag gegeur, gekleur met die […]
Maria Magdalena (‘n Verplasing)
Mense ken my as ‘n hoer en my suster dink ek’s mal. “Sewe duiwels dans om my; Here, ek het al weer geval.” “Laat haar staan,” het Hy gesê, “sy’t gekies om by My voete te lê.” Hy het my opgetel en van vergifnis vertel. My kruik het gekraak (soos my binneste) en ek het […]
Nuwe lewe
Bars die ru hout Op naat van sy lewensare Deur spyker wat deurdring. Wat wonde los in MensGees vlees. Bevogtig Heilige Bloed Uitgedroogte balk Met nuwe lewe belofte Waar dood reeds geheers het. Staan dooie bene op Rittel deur Nuwe Asem Waar vleis en seening heg Deur n doodsoorwinning geveg. Paula Paxton Kopiereg voorbehou.
Kind van die aarde
(goud) vir my sal Namakwaland se blomme ’n duisend danse dans en die aalwyne by Springbok sal rooioranje teen ‘n krans welwitchia sal oeroud stamme begrawe in die sandwoestyn iewers in die Namib ’n nuwe blaar vir my laat krul oor die warm van ’n duin in die vlakte van strandmere sal pienk flaminke steeds […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die malligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Droogte en reën
Drooggeteisterde plaasvoorman hier lê ou Lanie Louw met sy sorry suur gesig heel stoksielalleen toe dit skielik begin reen uit moedverloor se vlakte gryp sy drome weer na lug die winde van verandering stuur hom op ‘n vêr vêr vlug stof skuif op vir ‘n druppel of ‘n drop droog was die aarde dof was […]
Die Touloper
Die touloper Elke tree wat hy gee verbreed die verby, verhaas die bestel, wyl die afgrond bly As sy voet gly en hy bo kan bly, sal hy weer glo hy maak dit daarbo Met spiere gespan, bewus van benede, bevry hy sy gemoed met gewyde gebede As sy voet rus, word hy bewus, van […]
Een dagbreek, as die lente blom
spit ek pers viooltjies uit my tuin en dra dit ver, tot in jou erf om dáár te plant waar smiddags laat skadu’s oor jou landskap verf wie gaan daar, sal jy dalk wonder (wyl voëltjies skemeroggend sing) – dis ek, dis ék wat blomme na jou akkers bring en jy sal wis, as jy dit […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die maligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]