Nil omne
John staar deur die dik glas by die masjien in. Sy mede-wetenskaplikes teken die metings van binne die kapsule aan. John mompel en draai aan die knoppe wat die buitekant van die masjien oortrek. “Ons het meer hitte en krag nodig.” ’n Vuilerige seuntjie wat by die smeltoond kniel, voer die vuur. “Gebeur daar iets?” […]
Dit is nie my tuin nie.
Vasgevang in ‘n donker sel vir jare gelewe in ‘n bekende hel. Uitgekom en rond gekyk gesien hoe vrolik die wêreld buite lyk. Voete vries op groen gras ‘n pragtige tuin wat nie myne was. Vallye en dale is wat ek verdien en moet ek aanhou stap om die waarheid te sien.
Die mens se grootste sonde
Het ons as mens dan eens geleer mm ons medemens met swart te smeer die Adam, Eva sond’ sindroom waaraan elkeen van ons behoort waarom sal ons sien die sleg van ander wyl ons swakheid skuil waar niemand sien weet ons dan nie dat ons klein tekortkoming gelyk gestel is aan die wreedste mag Here […]
ʼn Volk se trane-hart
ʼn Hartversonke diep in ou verbonde in ʼn jaar verby van bitter soete trane uit ons hart drup bloed van seerkry woorde leed versonke in ʼn volk se drome van waar sal ons hulp dan kom terwyl die rou en galle smart van ʼn volk se hartseer bloed wegsink en dan roep uit dorre aarde […]
Nuwejaarsgebed vir almal
Onse Vader in die hemel 346 van hierdie jaar se dae is nog onbevlek toegedek in U verborge skatkis verberg gee tog Heer dat al die dae U naam geheilig word U wil geskied op hierdie aarde laat U koninkryk naby kom laat ons mekaar vergewe soos U ons vergewe het Here gee ons die […]
Verlore
Ek het alleenwees ontdek myself gesoek in plekke met baie mense woude en rivieroewers ook berge al hierdie plekke het my reuk ‘n dowwe lig ‘n half fluister my binnekamers ook stil gehoop vir ‘n openbaring vry van vrees te wees van die sekerheid van die dood iemand anders begin praat onderbreek gedagtes moes ‘n […]
Woordspatsels: Tweeling/Kersboom
So vertrek hulle vanuit die ooste, net die twee van hulle. Deesdae tydens diѐ tyd is families verdeeldelik verspreid soos sterre in die hemelruim. Nietemin gaan hul ook op reis vir ‘n paar dae. Wildernis toe (gepas vir die ongetemde wesens). Hulle word geherberg in luuksheid knus langs die meer. Die oornagtassies word uitgepak voor […]
‘n Ster vir Kersfees
Ek stuur vir jou ‘n ster, want dit is Kersfees – ‘n lig wat helder skyn. Een wat alle donker en bang nagte so stil-stil laat verdwyn. Dalk het jy het ‘n hoekie in jou woning wat na hierdie lig verlang. Bind dan net ‘n toutjie om die sterpunt sodat jy dit daar kan hang. […]
vyf uit vyf
van ver uit die noorde kom stemme aangewaai waai tot in die verre suide gesprekke oor eensaamheid soms nood wat dringend druk bereid om ekstra myl te loop elkeen met sy eie behoefte maar omgee-mense diensbare mense hulpgewende mense ©Teárlach
Ek hou vas, ek Belowe!
Ek wens ek kon jou vashou Ek wens jy was nog hier Ek wens ek kon verstaan hoekom jy weg moes gaan. Ek mis jou soos die blare na reën druppels op hul verlang en die alleenheid in my siel maak my eintlik bang. Daar is hande in die gat die gat diep in my […]