Gebyt
Die bloedbesmeerde man hardloop uitasem deur die donker stegie, maar steek vierkantig vas in sy spore. Voor hom kom die horde slakkepas nader. Hy swaai om en wil net weer begin hardloop, maar in die opening van die nou gang agter hom kom die een na die ander zombie te voorskyn. Met uitgestrekte arms en […]
Begrafnis konsternasie.
Begrafnis konsternasie. Linda ril liggies as sy om haar kyk. Sy HAAT begrafnisse! Wat nog te sê om een te moet reël. Die trane rol in sweefspoor paaie teen Linda se wange af as sy na die godverlate hartseersnikke luister in die gedempte lig van die voorhuis. Sy sit half eenkant in die skemerhoekie van […]
Visvang in die vlakwaters.
VISVANG IN DIE VLAKWATERS Geskryf deur Fanus Strydom 2763 woorde Die grondpad van die opstal af dam toe was vêr. Baie vêr. Maar gelukkig afdraende omtrent al die pad. Behalwe vir een vervelige, lang stuk waar dit eindeloos reguit en onophoudelik gelyk voor mens uitgestrek het. Tot by die plek wat gevoel het soos die […]
Is Blondie slim of net slinks?
(Woordtelling 1141) Liewe Sharlies Tron, Genade vroumens! Jy gedra jou darem nou heeltemal te blond, of baie slinks. Ek weet ons ou Afrikaanse taaltjie word al hoe minder gepraat. Dit is nie net ons gesinne wat nie meer groei nie, die sprekers verengels so saggies en sonder dat ons dit agterkom. Dit bly egter […]
Die val van dokter Varkman
DIE VAL VAN D0KTER VARKMAN Opgedra aan ‘n dierbare vriendin Truda Rijkheer † 29 Oktober 2022 Geskryf deur Fanus Strydom 3752 woorde Bokant my kop, en digby die laaghangende plafon, proes en stotter die lugversorger moedeloos aan sy amper-onmoontlike taak. Te danke aan die soveelste, snikhete Kakamas-in-Desemberdag stoei die koelmaakmasjien moedig, maar vergeefs, met die […]
Geboorte in Bethlehem
Brons (884 woorde) Op ‘n plaas so 50 km buite Bethlehem in Vrystaat word daar orals gewerfskaf vir die BethlehemFees wat oor die naweek plaasvind, net Maria moet dit eintlik so bietjie rustig vat. Sy het sover ‘n gesonde swangerskap gehad, maar met die dat haar tyd nou naby is, moet sy kort kort iemand […]
Amptenaar
ongeag die taak wat netnet die familie in pap en onder velle hou alles is reg hier meneer glimlag die amptenaar ongeag die taak ons soek na verhogings in pap en velle bronne net sonder risiko meneer vra die amptenaar dan tjailatyd huistoe is nou al taak waar oë toe val in tv klug niemand […]
irritasie purgasie
telkens wanneer sy skrywes die openbare oog tref maak dit hel in haar los die losheid van sy woorde die grafiese voorstellings van geskrewe gedagtes druis in teen haar sin háár sin van dinge hoe sý dit wil hê háár bekrompte en saai manier sonder innovering vasgelê in papier wat reëls voeg waar geen las […]
PIET SNORRE EN DIE SPOEDLOKVAL – 1301 woorde
Die laaste bult af dorp toe is ‘n steil een. Oupa is haastig. En moerig. As Peet en Jaenette by Deerpark se plaaswinkel hulle werk ordentlik gedoen het, sou dit nie nou nodig gewees het vir ons om teen ‘n helse spoed dorp toe te moes jaag nie. “Al wat ek vra is dat hulle […]
Tyd vlieg as jy ‘n vlieg is
(Woordtelling 783) Min mense sit seker en kyk hoe ritmies die sekondewyser tik, uur na uur. En, as iemand dit wel doen, is dit sekerlik net ’n kortstondige tydverdryf. Ons het almal dieselfde 24 uur gekry en sommige mense kan berge versit terwyl ander absoluut niks vermag nie. As jy iets gedoen wil kry, sal […]