Nog ‘n Waterlose jaar
Klaarstroom lê hygend tussen hete leikliprante waaroor in onverdraag dor winde waai uit alle kante; en skeefweg na die Suide vul dwarrels sonverdroog van vroegdag reeds die eens asuurbloulug tot wasigboog. Die ooste vlam laag oor die rant in bewend’ hittegloed wat elke spriet en blaar verdor wat mens en dier moes voed en bo […]
DIE DAG VERLAAT MY HUIS
Ek loop die dag se stof op my voorstoep raak en soek die woordeboek waaruit ‘n digter woorde alfabeties mooi kan maak Ek laat die son sy druipstert loop begaan al agter die nag se voorosse aan en flikflooi met die Aandster wat sy wit lig in die hemelnag ontdooi Ek druk die voorstoep skakelaar […]
Giraf Se Ode
Giraf Se Ode Ek is ‘n sierlike langnek giraf en kyk trots ver oor die savannes heen waar wildstroppe rustig wei en ver op die einder golwend ‘n waterlose mirage— O,ek ken oorvloed en ek ken droogtes en is lief vir ons kronkelende waterweë en hier op die vlaktes die koeltebome en ruie bosse langs […]
Oosweer
Somer en sand het saam op die wind ingewaai en winter laat sweet met swem en sonbaai toe die stof gaan lê het die wind huilend verdwyn in die weste en toe sak die somer stadig saam die son wyl die winter weer klim oor die horison
‘n sekere soort droogte
In hierdie waterlose oorde wurg ek nog aan jou woorde en vind geen lafenis daarin. Net die vuur van haat en nyd. Net die barheid van ‘n dorre aarde. Net krake in die klei. Net bome sonder blare wat nou in loof moes wees. Ek wou jou lees jou gees verken jou oë laat sien […]
~ Daar is somer in jou winter ~
Soms verval ek in wanhoopsure as ek deur ongure weer moet beur om by jou uit te kom. Steeds doen ek dit. As ek by jou is kan ek kruisbeen teen jou bors opkrul, my verwarm teen somer wat permanent in jou nek en hande gesetel is, waarmee jy blomme in my lyf laat bot […]
Jou blou
Jou blou waar jy presies vandaan gekom het weet ek nou nog nie – skemer was bleker as voorheen en ou son strepe het nog vaagweg teen die horison geteem die maan het haarself moeisaam teen my einders opgehys so asof sy jou koms wou verkondig, jou witskrif teen my naghemel wou wys naïef het […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vér verlanggedig
Dis skemeroggend en dis winter maar die hemel skilderdoek skroomloos in oranje van hier by my tot oor die kranse by Franschhoek. En wyl die son nog effe sku agter veraf pieke hang moet ek verleë erken, my lief dat ek soms skaamteloos verlang ~ na jou en na plekke ver van hier. * Na […]
Oral daar
Waar sonneblomkoppe hemelwaarts keer verf sonbal sy strale teen plafon van sfeer waar paddas eentonig in rietjiesvlei murmureer en walvisse die magtige oseaan domineer by skedelkus waar son skeepswrakke verweer en wit beendere verder disintegreer in kranse hoog waar arend triomfeer en in bosveld wat droogte moet trotseer oral ja oral het ek net weer […]
DIE WINTER HET BEGIN
Die maan het gisteraand ‘n traan laat dros tot op die nagskilder se pallet wat silver spatsels klots teen bakkersbossies waar naggoggas reisagente by die voordam se oorloop bekkie speel en somer blaar armades wegseil om plek te maak vir die winter wat begin Die maan se skewe wit glimlag skoffel die nag se speelkaarte […]