Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Natuur"(Bladsy 205)

Al’s draai om die koue son dis die raaisel tot jyself eendag daar kom Ek staan stil verlore en staar na buite in my gedagtes sien ek die vlinder sagte bloeisel blaartjies wat fladder in die wind en dit waai deur my gisters wat was wat in die holte van die halfmaan gaan lӗ en […]

statig onder skelle Bosveldson staan jy in trotse saluut met kroon in eerbied gebuig blare wat fyntjies na vlieswolke loer ‘wyl tak-arms malvalekker-wolke in liefde streel grondlangs kruip grasspriet wyd in die Heer se genade om rante van wild se voetval pad in gebed te omsoom © Anzé Bezuidenhout

Die laaste strale van die sinkend’son sterf sleurend in saffier se kleur en vermeng die wegkaatstinte tot aangeslane koperkleur. Naderby tand persswartberge na bowe nes ‘n haai se kaak en gooi lang uitgerekte skadu’s in die son se Wes wegraak. Digby die murmelende beek groei aronskelkies ingeryg met tussenin -volmaak verskuil- dwergvarings groen en teer […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed