DIE FOTOGRAAF
al wat hy vra is die Kgalagadi gee hom net die stof en die sand vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin en die grou van die lug bo ‘n rant stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk al stromp’lend op sy laaste vier bene alvoor […]
Amber Liefde
Roes rooi vertoon ons as ons val van bome van die hart As ons wankel in ons ruimtes onmeetlik so vol van smart. As die son goud drup oor die vlakte en die gras waai soos golwe prag Tot wanneer herfs knip oog vir die winter Sal ek op jou wag. ”Amber rus ons liefde, […]
Grashalm groet
Vlamkleurig hang pop’lier en esdoring blaar – helder geel en rooi getooi tot brons en goud, versadigend gelouter in laaste sonstraal, voordat blaarsteel kurkagtig en koud die laaste lewenslyn in elk’ binne aar afsny en boom skelet-kaal vinger wys na hemel blou en winter skelm wit sy intrek kry, nog voordat alles verkluim in grou […]
Ek was gister weer by Bettiesbaai
oor die silwer dam by Bettiesbaai het ‘n vars wind – sonder ophou – vanaf Kogelberg se kant bly waai die reuk daarop was ‘n mengelmoes van sout en vis en seebamboes * soos smeulend amber rus ons liefde (in afwagting . . . dat dit wéér ontspring) net soos kelp drapeer oor ruwe rots […]
Skemeraand oor Jonkershoek
o helder, helder water o groenste, groenste blaar kyk hoe lê die lelieblom so skoon onskuldig daar * ‘wyl skemer teen die wal kom rus kwaak daar nog paddas in die dam tussen lang gras en ‘n rietpol word stille skadu’s vasgevang o diepste, diepste klowe waar dit eggo sonder taal hier boggom bobbejane reeds […]
In die koelte van ‘n krom Karee
In die koelte van ’n krom Karee sprei lappieskombers en vonkelwyn Malmiere baljaar in smeltsjokolade want die wind het wilde woorde woes, warrelend weggewaai na wye wildvreemd’ oorde In ‘n vrotskuit op die spruit met slegs een enkel spaan sypel water deur die bodem wyl Rooivink kwetterend skree op die riffels van die water – […]
Amber
Amber sak die son weg in die oseaan. In afwagting bekruip die nag die horison en ’n nuwe seisoen sal uitbroei as die son weer opkom Amber rus ons liefde, in afwagting dat dit weer ontspring, soos ou sade versprei, verspoel en verwaai terwyl die herfswind deur ’n tapyt van blare kattemaai. Amber sterf ’n […]
Koorsige herfs
hierdie dag word die inglipvoering van ‘n oorgang seisoen – traag om sy roes jas uit te trek, om verjaag te word deur dwarswinde uit seer bekende rigtings dalk is die onttrekking meer fel as in die verlede, snerpend die beklemming in elke berekende tree, tog ruik die lug na soete en soute en blare […]
Die s(eerste) liefde
die populiere langs die N1 se loof is aan’t verkleur net soos wat dit immer met elke herfsbegin gebeur * ek dra nou stories op my hande daar’s r(ou) verhale in my oë (liefde’s nie vir altyd nie tog ~ eens het ons dit geglo) en ek vertel dit vir die mossies ook vir die […]
De Hoop
Die vrou loop in die skemer sy loop haar eie pas met afdraande paadjies deur enkelhoogte gras. Tot waar sawens se son – klatergoud – oor water gly eer dit wegsink in koper newels ‘wyl bloot net skadu’s om haar vly . . . Sy wis die spieëlgladde blink sal aanstons verdwyn na die donker, […]