mishoring
– asof agter uit my kop hoor ek die mishoring blaas sy donker boodskap van gevaar op eentonige noot en eweredig sleur dit indringend en diep – eentonige toonhoogte wat vibreer soos ‘n rietjie wat rittel in die ooste wind vir elke bootsman op see lewensaar van redding – indringende musiek weergalm in my wese […]
Vrese vol vandag
Geval soos ‘n verhefsde blaar koud in nat grond tussen ontroosde dorings herletsel in ‘n vreemde slinger vol vergankliksheidsvrese en al soek hulle jou sal hulle jou miskyk deurtrek in geel, rooi en bruin so sal jy wegraak in jou skare van skaduwees tussen die wat jou hand vashou. © 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
liefde in blomme
– oranje kombers van blommetjies sloer oor die duine in wriemelende groei in helder sonstrale met wyd oop oë – plate wit gesiggies met pers kerns buig en pronk vrolik in ligte lente windjie net bye dra stuifmeel rond en bont – sonder vrede was ek redeloos, wild maar met vrede in my hart word […]
Herfsgeid (Goud)
daars ‘n goedheid aan die goudheid van ‘n blaar wat voorwinterwindjie sag swewend na benede daal en slaapplek soos ‘n oumens sielalleen en halfbemind in ‘n skadu van genade teen ‘n sterfling grafsteengrassie vind maar tog dié doodsheid van die herfsgeid en van elke blaar wat val sal deur sterwe net weer plek maak vir […]
Vry
vroegoggend sprankelend skoon ‘n wapperende naaldekoker vrolik en bly deurskeidende son weerkaatsende vlerke drink dorstig aan die oggendstond se soete dou gevorm op vallende blarebed. ligvoets van blom tot blom dartelend rond-om-talie dansend vry.
Kringloop Silwer 374 woorde
Hand aan hand stap ons deur die aftree-oord se strate. Die son smelt in herfskleure oor die bruin tëeldakke van die tweelinghuisies. Huis Herfsblaar. Genade, kon hulle nie eerder Huis Lentebloeisel, of Groen Koringaar gebruik nie. Herfsblaar. Vaal, dof en nutteloos. Ek swaai ritmies Lafras se hand. Dat ons twee nou so op die vooraand […]
Draai van ‘n seisoen (Silwer)
“As ek moeg word vir die lewe se gewoel …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Geen boom kan vir ewig bly voortbot en -groei nie. Daarom is daar seisoene, ‘n tyd […]
taan – goud
– op koue herfs oggend by staanplek in Skotse hoogland park bibber en vryf ek my hande – oggend koffie warm in beker wat hande net effens wil verhit blaas ek wasem uit – teen baie steil hang staan plate goudgeel bome wat sonstrale weerkaats in taan – my gedagtes verewig verf met unieke kleur […]
slang
– “met jou voete sal jy hom vertrap en hy sal jou in die hakskeen byt” – in die natuur is baie slange nie giftig het belangrike doel in die voedsel ketting wanneer die begrip “slang” egter figuurlik op mense gebruik word as ‘n metafoor word dit gewoonlik iets onheilig onderduims en bedrieglik pasop vir […]