Die vermoe van natuur as bevryder en vrybuiter
uitverkore spasies van gedagtes lê soos gesofistikeerde koeie verdagtelik en wag op die weiding van witwolke en die patroon van ‘n gedig- form ‘n gedag, berge met hul koepelsprag ritselrond in fynbosstrond en die gedig form ‘n gedag- vry was ek, as gevangene vrygelaat ©Morné du Preez
Herfs (SILWER)
Herfs Laat die herfs jou dalk hartseer oor die koms van winterweer? Het die somer te gou verbygesnel vir jou? Wou jou hart steeds naarstigt’lik aan lenteprag klou? Raak stil en berus in die prag van die blare: in die kom en die gaan van seisoene en jare. Verand’ring en ylheid is slegs meetbaar, my […]
Afskeid
Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank by die kaalheid, die doodsgevoel van verlies. Net ‘n paar maande gelede was alles nog oortrek in lowergroen, […]
Kaalgestroop (Silwer)
vanaand pluk die wind ongenadig aan my sielswand stroop ‘n laaste brosblaar uit my teer gemoed bemantel tekens misgekyk voor die laaste blaar se val laat my kaalgestroop hink voor ‘n nuwe seisoen wat wink ©Driekie Grobler
lewe (Silwer)
die moederboom se afsterwe tot in haar diepste jaarringe laat die natuur wesenloos-verslae… maar haar gevalle blare word deur die goeie aarde as lewe-gewende offer aanvaar
Immergroen Fatsoen
IMMERGROEN FATSOEN In die kringloop van droë seisoen na seisoen wil herfs homself weereens met winter versoen hy skud sy bruin jas leeg drapeer met uitgedroogte blare wat aan hom vaskleef een vir een val dorheid na die grond eens gevul met chlorofil nou ‘n vervalle bont soos met vlamkwaste ingekleur lê ‘n silwerskoon skilderdoek […]
Herfs beloftes Silwer
Blare dartel soos uitgelate kinders aan die soom van die westewind – volkleur vlinders in ‘n maalkolk vasgevang, roesbruinprisma dwarrel, spiraaltuimel na benede; dit is herfs – en in die knypwindjie sluimer ‘n melodie van somerbeloftes in skaamrooi laggies wanneer die blare tuimelval
Die groen oorlog
“Now I am become Death, the destroyer of worlds.” – Bhagavad Gita Hulle is al beskryf as parasiete. Hulle is nie. Parasiete is suksesvol want hulle maak nie die gasheer dood nie. Hulle word deel van die gasheer; laat die gasheer alles doen om die parasiet aan die lewe te hou en te help reproduseer. […]
Eierkelk
sag eierkelk my gedagtes heen daar waar die rus na waters lei waar geen traan dit meer kan keer soos ‘n waterval strompel na onder met die hoop dat waters sal val daar waar mens en dier die hongerpyne nie kan keer oorvloedig smeek ons U weë tastend voel ons die droë aardkors die donker […]