Feetjieland
ons praat met mekaar nog net deur stories van prinse en prinsesse en hul glories paleise as wonings koninginne en konings ‘n ridder wat veg teen ‘n draak is dit al wat nog saak maak? ons lag net saam oor legendes van dom rowerbendes dwerge en reuse worse aan neuse Uilspieël se streke verkeerd-om-weke maar […]
Die seepbel van ons saamwees
die tye van ons saamwees die tye van geheime deel vervaag in herinnering die seepbel van ons saam lag die seepbel van ons speel verdwyn plotseling… waar is jy my meisiekind jy wat sonder ophou kon dans nooit kon ophou sing wat so lief was vir die lewe is jou lag nou deel van die […]
DIE BRAAIVLEIS
As Oom Gert die verhaal vertel dan speel die glimlag breed oor sy gesig en dis hoe ek hom sal onthou…die staaljie van jare terug. Dit was met ‘n vergadering wat in die landbousaal gehou was en die manne het klaar vergader oor die stand van die boerdery, die prys van beeste en skaap, die […]
Soos Ryp Druiwekorrels
Soos Ryp Druiwekorrels Soms, net soms, druk die feesdae swaar op die gemoed en vul dit met verlange en herinnerings tot barstens toe vol en woorde ontbreek tong en lippe stom van ingehoue emosie dan wil jy saam met Queen sing I want to break free om uiting te gee aan jou gevoelens, maar dan […]
PAPPA IN MY DROOM
Jou knobbel hande, vou veilig om myne, jou arm by my ingehak, loop ons, onverpoos, deur die skare, en jy bid asof jy nog nooit bang was. Dit was jou bid, jou opkyk na bo, wat maak dat ek vandag nog probeer glo. Wanneer jy met jou God praat, het jy dit gedoen asof jy […]
FILMRESENSIE: Daai „Gatvol”-film
FILMRESENSIE: Daai „Gatvol”-film Nou die jaar [2005] het ek die film met Leon Schuster gesien, waar twee mense op ‘n verhoog staan en baklei en mekaar met ‘n kitaar slaan. En wie was in die eerste ry voor in die gehoor? Al Debbo! Liewe ou oom Al Debbo. Bietjie ouer as hy was, maar dit […]
RESENSIE: Die WÊRELD van die WUNDERLICHS, die film
Die WÊRELD van die WUNDERLICHS, die film „’n Screwball-komedie on the road” het dit die regisseur en draaiboekskrywer genoem. Screwball beteken soveel as mal- of gek-wees. Dit kom waarskynlik uit die biljaart- of bofbalspel: ‘n Bal wat soos ‘n kurktrekker draai as dit afgeskiet of gegooi word – iets só onmoontlik dat dit heeltemal mal […]
Vakansie-pa
Pa, jy is deel van die see se soekende suis van die vuur-punt wat deur die hemel breek deur donkerblou wolke steek op ‘n spieëlgladde see golwe wat teen ruwe rotse druis die diepsee se diepste blou die seemeeue se geskree Pa, dit alles laat my dink aan jou hier waar ek staan roep die […]
Wag-speletjie
ek dink vandag aan Pa hier waar reënspoortjies teen dowwe vensters afloop loop ek terug op ons voetspore in gebroke sand verby hierdie grys dag in mistigheid gevou en ek verlang – verlang na my gouestroop dae wat so stadig verby kon draal terwyl ek vir Pa se voetstappe wag op ons stoep huis-huis gespeel […]
My data – bank
My data-bank My kosbare herinnerings lê veilig en knus in my hart gebêre en wieg sluimerend sag gekussing met die strelende sagte, sussende, doéf- doef doéf- doef tweeslagmaat van my hartpomp se egalige ritme wat sag weerklink in elke polsslag… Net ‘n gedagte- impuls as brug, laat ontwaak ‘n herinnering uit sy sluimer helder en […]