Adderleystraat
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]
Alikreukel (klanknabootsing)
Na soveel jare sit sy weer in stilte met die hol skulp teen haar oor. Sy sluit haar oë. As sy die sagte suising van die see kan hoor sal soete klanke haar – soos tóé – bekoor. Die ~shhhhhh~shhhhhh~shhhhhh~ sal salige berusting bring. Maar vér verby die alikreukel fluistering, druisss die waters tot in […]
Hoe kan ek vergeet
Hoe kan ek vergeet. Hoe kan ek julle vergeet wat my lewenspad gekruis het? Hoe kan ek julle vergeet wat ‘n impak op my lewe gehad het van doodgewoon lojaal tot bogemiddeld begaafd, want vir almal was ek lief op eie meriete – – – Hoe kan ek julle vergeet al die paaie wat ek […]
Terugskouing
Terugskouing Eeuelank skree die meeue skor ons vier ons vryheid in helder bloulug, rotse en strande, met sappige swartmossels te verpletter op die rotse! Ek in terugskouing antwoord en skree saam in die koor van wind en weer met geruis van getye se eb en vloed hier waar ek op die rotse sit, neem hierdie […]
Net ek en jy
Net ek en jy Ons was bure en van kleintyd af handjie handjie, ek en jy – – – Dit was altyd maar net jy , en dwarsdeur die laerskool langvlegseldae en hoërskool bly ek steeds jou noointjie van langsaan , onafskeidbaar in ons studentejare, altyd net ek en jy – – – Afgestudeer het […]
Depressie (Elegie vir Ouboet)
Depressie (Elegie vir Ouboet) Nou is tien jaar reeds verby en elke jaar herleef ons weer daardie wrede dag toe die minsame ouboet die handdoek ingegooi het en besluit het hy het nou genoeg gehad van die ou wêreld en op 19 Jan 2007 was hy ruweg uit ons harte en lewens geruk en het […]
~ Eie keuse ~
Dag prik venynig teen my vlees toe ek rugkant na gister teen die strand opbeur. Branders lek lui lui die laaste soet van middelnag se hooggety en vertel van skroot en skatte gestrooi teen duineboggels se winddroog middellyf. My voete skryf sleutelwoorde in die klam lei van eb en ek fris myself teen ‘n doelgerigte […]
Dis nie veel wat ek vra
Dis nie veel wat ek vra Aan die nuwe eienaars op ons heimatplaas: Stuur asb vir my ‘n twagraspol en spit dit uit daarbo op die witgrasbult en maak dan die sand goed nat vir die warm langpad hierheen. Ek wil die grassooi reg voor my venster plant om die blinkwit graspluime weer te sien […]
~ Sestien jaar gelede het ek vir die eerste keer begin lewe ~
Vandag, tien jaar gelede, staan ek vroegoggend langs ons swembad in Upington, met ‘n koel luggie wat deur my hare speel. Ingedagte skep ek verdwaalde blare uit die swembad en my gedagtes draai soos altyd rondom my leë baarmoeder, rondom die doodsheid binne my. Twaalf verspilde jare kleef aan my vlees, laat my wees, want […]
Nanag Blues
Nanag Blues Ek lê wakker, wawyd wakker in die vroeë nanag ure, want die slaap is vort, die koffertjie gepak in sameswering ook die meeloper muse – – – Ek lê wakker, wawyd wakker en soos Dawid van ouds dink ek oor die dae van die voortyd, oor die ou ou jare van my jonkheid […]