Sê my asseblief
Sê my asseblief? Vers 1 Sê my asseblief? my enigste hartelief vanaf heel in die begin het ek jou vir ewig bemin Vers 2 Sê my asseblief? my enigste hartelief ons kosbare jare saam het dit vir altyd goed gegaan Vers 3 Sê my asseblief? my enigste hartelief my liefde is net vir jou dit […]
Ek is niemam
Niemand sien my meer of weet wat my hart begeer miskien iets heel eenvoudigs soos om net te luister na jou stil onegalige hipnotiese asemhaling koesterend in die lumier van ons kamer Niemand sien waar ek faal of weet waar my gedagtes dwaal miskien op ‘n vreemde kontinent met jou donker silhouëet afgeëts op die […]
Emparikus
Sy het jou hoogtes gesien van naby gewoede weerlig hoor blits uit die hel donder gehoor in jou stiltes sy ken jou sy hoor jou ook miskien volg sy die verskuilde toekomsspore in jou oë; daggestaltes van die geel skynsels in jou son. Soms glip sy terug in die gleufies van jou spinnekopweb oor haar […]
Die Feë van Bremen
Die woestyn was ‘n woeste plek. Vier Feë – ‘n swart-en-bruin Feetjie Hond, ‘n pikswart Feetjie Kat, ‘n veelkleurige Feetjie Haan en ‘n grys Waterperd – loop sonder hoop in die verlate sand ryk. Tony die Feetjie Hond doen sy bes om die koelte oor hul almal te hou. Soos hy hyg beweeg die koelte […]
Ahoy kaptein – jou skippie sink!
Ek besef eks net ń nommer op ń salaris jornaal ń Skewe sewe, of gebrekkige nege waaraan jy wroeg om te betaal. Soos al die ander hier net ń nommer, op verslete papier – wat ʼn wrakskip in jou afwesigheid deur stormwaters stuur. In die lig van ʼn vuurtoring wat vaagweg hierlangs skyn, is al […]
Eva se lente
As jy weer minne-woorde skryf onthou om nie te vergeet van haar lente wat oor jou siel dryf wat die nadraai van jou winter te ontleed Op die sesde dag was alles mooi en dit was winter en skielik net lentegeure toe Hy jou ribbebeen deur haar gooi ontwaak jy in ‘n paradys vol geblomde […]
Solmisasie
Ek streel jou naam met die oggendson se heel eerste sang oor my laaste traan; heelnag het ek gewag geroep geween. Met die ademlose eggo van jou vormlose voetspore raam ek ‘n nuwe dag om die soom van my cadenza skaterlag © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Eggo
Jou eggo pen my vas waar die ink deur jou hart lek en vreedsaam weergalm deur my binne-mens hier waar ek stom-skugter skuil in die diamant glinster van jou oog. Jou woorde smelt oor my doofstom-bestaan tot waar die sekelmaan se bo-punt krul en verlos die monster in my apokalips. Ek wens ek kon wegsweef […]
Verlies
Eens sou sy onder bome sit, Akkerbome – op ‘n Boland plaas. Sy sou luister hoe die ganse (met die kolle) op die grasdak van ‘n opstal sit en raas. En sy sou eet met silwerware uit ‘n bord van porselein – witter as die witste wolk wat oor Simonsberg verdwyn. © Carma Shaw 18 […]
Die vryheid van liefde
Teleurstelling is ‘n onvolledige opgawe van die prentjie wat voor my siels-oog afspeel hier waar ek die skerp punt van jou tong nou uit my vernielde rugwerwels geduldig sit en uitbytel. Jou lensiesop het ek soos ‘n wesie vir soetkoek krummels opgeëet alhoewel ek en jy mekaar vreugdevol in ons ydel vryheid verkrag het deur […]