Gelukkig-klink-gedigte
Drome Skuil in verse Pyn Agter woorde ‘n hartseer-traan Op die papier Waar ek sê Jy maak my gelukkig My vuis Slaan woedend ‘n Glimlag Tussen lyne vas Woorde Verse Paragrawe Oor jou In ‘n koevert Netjies geseel En vir altyd Toegevou
Een twee drie blok myself
Hoop sonder ophou al is daar geen hoop en glo sonder einde al kan jy nie meer glo. Bo my blok die plafon dat geen gebed deurkom. Onder my lê klippe gesaai wat my laat val en draai. Goed gekondisioneer, gebreinspoel en geleer om te glo, hoop en vertrou. Hoe hou jy aan, as dit […]
My dagboek oor jou (2) …
My dagboek oor jou (2) Die koue het nog nie gewyk nie. Vanoggend se opstaan-temperatuur was 2 grade. Jinne ek wonder hoe lewe die mense in temperature van minus 48. Ek is seker ek sou dit nie kon oorleef nie. Ek en koue is nou eenmaal nie pasmaats nie. Die lekkerste van koue weer is […]
Veilige hawe
Knus pas die donker se jas om my psige wat rond tas, waar deurlating van lig slegs ‘n mite is. Selfs die ritseling van blare is ‘n droom wat net waar word in die roering van die wind, waar dit uit my longe rigting vind. Na buite, na bo verrys dit sonder stop of terugdraai, […]
Gister se spoke
Ek onthou toe ek my eerste “iets” verloor het. ʼn Hele twee rand, by die hoek kafee van die Portugees. My broek se sak was leeg toe ek my chips en los lekkers wou betaal. Ek onthou presies waar. Op die ander hoek op pad na die kafee was ʼn Rooms-Katolieke kerkie. My broer het […]
Boemelaar
met jou ou flenter-vodde hoed oë stokstyf starend na niks diep-kerf plooi vergete gisters en hand wat bedelend bewe hoekom so mors met jou lewe steeg en karton is jou woning daar’s vir jou geen ander plek hoeveel lang, koue winters lê jy hier plat, vuil uitgestrek met kankervlekke oor jou lyf niksseggend, taai-strak gesig […]
Grouvrou
Gisteraand was ek weer ʼn grou vrou. Uitgestap onder die sekel maan en by my grou gat gaan sit. Ek het gegrou in my gat en al my toe gegroude rougoed gaan uit grou. Ek het diep gegrou….. deur my hart deur my siel gaan uithaal om net weer te rou. Die maan se lig […]
Seewier Krater
Jou naam was verwronge met slym seewier gevleg duisend stukkend skulpe daar tussenin geheg Seemeeue het sirkelend luidkeels apploudeer want die skewe letters was komieklik gegraveer ‘n Krappie het sywaarts nuuskierig kom loer wat die vreemde wese nou weer in mou voer Skeepswrak se dryfhout vanaf diep uit die water het korte mette gemaak met […]
Kom rus nou, hart
Kom rus nou, hart Hier binne my Kom rus nou, hart En raak weer reg Kom rus nou, hart Jy verdien dit tog Want jy, my hart het al hard geveg
Maan
Ek voel lus om te skryf. Ek weet nog nie waaroor nie, maar kom ons kyk hoe hierdie storie uitdraai. Ek het gedink ek wil skryf oor die liefde, maar almal doen dit. Die liefde is amper so algemeen soos ‘n hartbreek. Ek sê ‘amper’, want daar hoef nie eers liefde te wees vir ‘n […]