Feëtjie Hond Prinsesse
Eendag lank, lank gelede toe Feërie nog jonk was, was daar twee prinsesse. Hulle was ‘n identiese tweeling. Hulle was Feëtjie Honde. Feëtjie Honde het pragtige swart pels met bruin pote, bruin pels langs hul monde, bruin pels oor hul keel en ‘n dik bruin streep oor hul borskas voor. Nes Rottweilers. Die […]
Vuurspoor
In die herfs van daardie jaar was die Weskaap aan die brand en ‘n vlam het oor die berg gebaan van Stellenbosch tot Jonkershoek. Die rook het hoog en wyd oor piek en dal gehang. En tóé toe het ek na reën verlang – nes die fynbossaad wat in die asspoor lê en soos lelies […]
DROOMWOORDE VERLORE
My altyd-nog droomwoorde van huppel, liefhê en lag het jy dinamiet loop bêre in ‘n diep- donker skag Nou lê my alfabet verstrooi in die ontploffing se stof grawe naelbreek daarna asof vir ‘n naald in hooi Lettergrepe erg gebroke disseldans op wieke van wind want Vader waar o waar – word heel woorde gevind […]
Hey meneer Duiwel
hey meneer duiwel ek hoor jy hou van uitdagings… wel hier is een vir jou- kom breek my fokken hart ek dare jou kom soos ‘n brullende leeu in die nag kom verskeur my kom fok my op soos wat net jy kan ek dare jou kom ruk elke stukke seer uit my liggaam uit […]
In my wêreld
Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie Ek het weg geraak in my eie wêreld Here, niemand het eers na my kom soek nie! Dit was so stil, Here Ek was so alleen Het iemand ooit geweet […]
DROME
DROME Jou droom is dood. Jou ideaal tot niet. Jy is verpletter en verslaan. Al wat ‘n deur is, het net toegegaan! Jy duisel teen ‘n muur. Daar’t niks meer oorgebly – geen poort wat na vervulling lei. Maak oop jou oë. Kyk om jou rond. Daar êrens in die duisternis is nog ‘n skrefie […]
Die mantel in my rigting …
eers toe trane wat oor my wange stroom my hande koud-nat laat raak besef ek dat die soen op my wang seerder as ‘n klap in my gesig maak maar jou koue harde rug was onverbiddellik op my gedraai en die mantel het sonder ophou in my rigting gewapper-swaai
Teenstellende Land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]
Die edik in my woorde
JY, die eens held van my kinderdrome en die redder van my vrouwees vrees het jou verwerping louwarm teen my siel se binnenaat kom lê dit was toe die ongestotterde woorde in dade voelbaar was wat die stilswye skerp soos dolke deur my kon priem deur ontkenning van my bestaan is my drome in flardes […]
Stilte na die storm
dis stil in ons huis vanoggend die storm is verby alles lyk dieselfde maar niks is soos dit was dit was ‘n wilde storm eintlik ‘n orkaan soveel verwoesting soeveel woede ek het dit sien kom die wolke in die huis baie dig met tye stilte oral waar jy kom stadig het hy ingesluip ‘n […]