Fluweel gordyne
Agter toegetrekte fluweelgordyne Oorspronklike skilderye wat hang Tree vir tree oor persiese tapyt Goue raam om die massiewe spieel My eie gestalte omring met weelde Alles in oormaat met smaak geplaas Antieke meublemente perfek op plek Elke ornament met die hand gekies Elke foto van kinders groot en klein skitter nou in afwesigheid uit silver […]
Carpe Diem se Watsenaam
….en eintlik is ek nou al moeg gegryp aan al die dae. So moeg, dat dit reg voel om enetjie deur my vingers te laat val. Bietjie gryp na die veerpen wat saggies verby gesweef kom, en ‘n druppeltjie ink uit hom druk. So laat Hubby se “sit jy alwéér hier” my ongemaklik op die […]
ruїne van die liefde
waar uitgedroog en dor ons dam nou stukkend steun teen taaibosstam en somerson se hete vlam die vertes rookdofkimme kam het ons in jeug die tyd verdroom by uitleivoor se kabbelstroom langs groen van varing blom van vyg het ons beloftetrou laat styg verby die groen van wilger twyg wat kopdruip oor die lotus neig […]
Alles kom tot as
hier sit ons nou jy kyk vir my ek kyk vir jou deur skerms propvol woorde hunker ons na oorde na tye toe ons nog kon praat wat gesê is, is gesê dit wat gedaan is het geen keer en hoe klein is ons verweer wanneer harte sommer net wil bloei (oor elke wond sal […]
Bittere laatoes
Soos verkrimpte korente in ‘n haelskade boord hang eens swangerswel drome sonder hul naelstring koord Die vroedvrou sleepvoet verniet kort-kort gebukkend op loer na enkel tros vir soete laat-oes want hier is bitterdruppels gegiet
Onverstaanklank van woorde.
Tussen die dorre stoppels van onmagwoorde dwarrel daar dwarrels in my om nie te kan sê wat die verdiepte musikale akkoorde van my hart se klop voor jou voete neer wil lê. Maar, my hartlam, onthou jy nog die maan se skyn, die weggee van sy goud as glorievolle pand en ons beloof om liefwees […]
Hoe glo jy in liefde
Hoe skryf jy van liefde as jou hartmure bloei oor distels van glisters waar geen rose meer groei Hoe lig jy loodswaar hoof na die goudstraal van son as jou hele wese ween oor – as dit maar net kon Hoe hoor jy die geroep van tortelduif na sy maat as jy steeks staan trippel […]
Laaste siele-hitte …
as die winterwind yskoud aan my hart kom vat en voor my lê ‘n lang en nat vol-moddergate-pad dan wonder ek of daar ooit weer son gaan skyn want my laaste siele-hitte het saam met jou verdwyn © borrels
Liefste Pappa
Liefste Pappa dis mos hoe ek moet begin voor werklikheid my laat besin geliefd kan ek nie gebruik vir jou met geen pappa vandat ek kan onthou op kinderlike dapperheid moes ek bou geen pappa wat my hand kon hou. In somerplesier en winterkou wonder ek … het jy soms berou? (Iron Lady)