Spoke van more
ek en my skaduwee tussen pad en muur gesmee vasgekeer uur na uur binne my brand ‘n vuur fietswiele draai in my kop om en om sonder stop tol om en om hoekom… hoekom die kir-kir van die wiel vreet draai-draai aan my siel spoke van more bly my by dansende skadu’s koggel my jou […]
Vlermuise in my kop
half-gedagtes vler- muis- hang hangende vrae aan s-p-i-n-n-e-k-o-p-d-r-a-d-e drade van genade teen my spelonk-gang dan word dit ‘n rooioog-nag honger vlermuise ontwaak vlermuise uit op die jag vlermuis-skreeue verdryf my slaap vlermuis-vrese ontplof die mosterdsaad in my verstik in die stof ‘n worstel-nag breek oop tog bring die lig met dagbreek weer hangende hoop
Witrot
witrot in ‘n doolhof van vrees sal ek nooit kan ontsnap sal ek altyd witrot wees vasgevang in ‘n labirint kan ek my pad ooit weer vind ek skarrel om en om kan nie by die antwoord kom HOEKOM HOEKOM
Tyd gemeet teen ewigheid
een sekonde gemeet teen die tik van tyd een klik van die metronoom van ewigheid een enkele noot in jou lewens simfonie een korrel sand deur die uurglas se vloei dit was al… toe jy op die teerpad val het die seepbel van jou lag gebreek splinters in jou vasgesteek jy sal nooit weer jy […]
Maalkolk
donker gat van vrees oor dit wat is en mag wees die maalkolk wat meedoënloos draai die swart gat van vergetelheid wat jou insluk ek net kan kyk nie kan keer jy tol al verder weg van my deur donker dieptes ingesleur soos nog ‘n geboorte van ‘n ander jy leef jy in jou eie […]
Swart voëls
swart voëls broei in my gemoed wagtend smagtend in ‘n lugleegte met pers-blou gloed sal die jakkalse nooit weggaan die hiënas altyd by my bly die hiënas lag en die jakkalse tjank die laaste strale van die son verdwyn die fees is nog lank nie verby as die lug se grou my omvou WAG NOG […]
Swart hond
kwyl-bek wag jy lag jy vir my ek hoor jou asem hortend ruik jou proe jou as ek rondrol in my slaap hoor ek hoe jy jou naels skerpgemaak uit die newels sluip jy nader ek hoor jou kettings sleep jy vly jou kruipend teen my aan jy is in my ingewande slagyster-vinger om my […]
Jy wat deur my vingers gly
ek druk jou benerige raamwerkie vas teen my ek wil nie weet dat jy… stuk vir stuk deur my vingers gly
Vonnis
‘n vonnis so finaal is bepaal witjas jurie kom na vore liggaam geboë frons tussen oë bekwaamstes staan verslae nog ‘n uitklophou deur die groot K die nuus wat hul dra maak hul goedkoop van regverdigheid gestroop die vonnis word gevel wyd oop poorte van die hel ‘n lewenslange lyding net die dood bring bevryding […]