KOSMOSVREUGDE (SILWER – 398 WOORDE)
Die mensdom is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie, ons het mekaar nodig, dalk meer as wat ons ooit sal besef. Soms gebeur goed tussen vriende, waarvan baie dalk net ‘n misverstand is, wat veroosaak dat ons uit teleurstelling en/of woede ons rug op kosbare vriende of familie draai. Dan kom […]
Sonkus (Silwer)
Vanoggend toe die son my wang warm kom kus en my weereens verseker dat ek ook spesiaal is kon gister se greep op *vasbytpyn saadskiet oor bitter-soet herinnering terwyl my hart dankbaar sy laaste hartseer psalm sing my *kroesgemoed tot vrede laat kom uit oordenkingsboodskap van kosmosblom ©Driekie Grobler *vasbytpyn – daardie diep seer wat […]
In die kring van sy arms. (BRONS)
In die kring van sy arms. Die vuur dans vrolik in die kaggel waar ons aan die ou bekende familietafel sit. Gesellige musiek speel sag in die agtergrond en my hart klop warm as ek na die gesigte van my man en seun kyk. Alles lyk so normaal dat ek vir die oomblik nie wil […]
geliefde
. my beminde hang aan ‘n doringbos haar hare soos bruin stringe pêrels . my geliefde treur soos ‘n treurwilger haar trane soos dou op die gras halms . my beminde vlier soos vlier bosboom haar kleur en geur versprei in die wind . my geliefde vervaag soos mis voor son haar gelaatstrekke erodeer in […]
Geite en Feite (Silwer)
Snaaks hoe iemand iets kan kwytraak, ander dit kan opraap, en ‘n geit oornag kan laat verander in ‘n feit! Kyk nou maar net weer al die berigte en sensasionele stories en boodskappe wat oor ons spoel vandat die “corona” ontwaak het. Voor dit was dit die “sars” en voor dit … So sal ons […]
Die waarde van vrouwees (Silwer)
So baie mans kla oor hulle vrouens, maar besef nie dat sy die produk is van wat hy (sy liefde / sy houding / sy gedrag) van haar maak nie. Ons vroue is inherent sag, vriendelik en liefdevol, maar boeta, vryf ons verkeerd op en jy gaan vir seker die vonke sien spat. ‘n Vrou […]
Die Bosveld in Afrikaans
wanneer die bosveld voor jou uitgestrek lê en die wolke krabbers saam pak beleef jy die grootheid van ons Vader se weë terwyl die druppels fyn sifreën op jou venster lê jou voertuig se wiele saggies neurie op die pad raak gedagtes diep en staan ons verleë want min sê ons dankie Heer om dit […]
BRANDENDE BEKORING (Brons)
BRANDENDE BEKORING (Brons) terwyl jy my met jou innerlike bekoor en jou vlees vleiend vloeiend met my kom toor net soos branders woed in groot blou see kan ek met passie-dans my salig sag tussen lakens verloor onverwags deur jou gered uit kloue van weë met jou menslike aard en figuur gee my vrese mee […]
Kupido (BRONS)
Kupido blond naïef borrel giggel soek ondersoekend vraend loerend smagtend wandel vind skiet bly tevrede Valentyn ©Marlene Erasmus 28/02/2021 (Diamantgedig)
Nuwe begin
Landi het slapelose nagte gehad, haar rustige lewe het skielik in ‘n nagmerrie verander. Vir die eerste keer het sy nie geweet watter kant toe nie, moet sy die restaurant verkoop of hou. Sy sal moet ‘n besluit neem, gou ook. Die volgende dag, stop sy by haar ouers se huis haar pa het altyd […]