Lewensreis (Silwer) 200 woorde
My lewensbootjie het bly stroomaf vaar, al probeer ek my lewe lank juis om stroomop te swem. Met die jare het ek rustiger geraak, die spane verloor waarmee ek my moeg roei om kop bo water te probeer hou. Saam met die vloei begin skommel, my nie meer laat ontstel wanneer versperrings of versnellings my […]
aweregse sanger (Silwer)
die sal ek wees! en bedeesd in één lied sing van blomme én van geld van skurk én van held ek sal verveel én bekoor want die lewe daarbuit’ bestaan nie uit net goed of net kwaad een sekond kan heel én wond en dít is die lewe se lied! Bronteks: Was ek ‘n sanger […]
Bettysbaai (SILWER)
Bettysbaai Bokant Bettysbaai troon Kogelberg teen die son. Fynbos wat daar fraai tussen witklipkronkels blom. Die skerp geur van geluk kelk koninklik om jou oop. Jou hart sal oral waar jy loop daarvan pluk. Stukkies afbreek en stewig in jou siel se speldekussing vassteek. Al het droogte ontwrig skamperlag die heide daar. Skit’rend silwer sonlig […]
Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg aronskelke blom nie meer hier nie die blou lug hang in dik wit wolke aan die hemelruim se wange ek kyk oor die vallei Hadida’s steel die stiltes mense kom en gaan woelig party bly te lank ander slaap net oor en soms sterf iemand hier […]
Lewensvreugde (Silwer)
Lewensvreugde kan gekoppel word aan baie dinge in die lewe – soos daardie eerste aromatiese koppie koffie in die oggend; daardie smelt-op-die-tong sjokolade wat jy op spesiale dae kry; daardie onverwagse drukkie van jou man of kinders wat sê: “Ek’s lief vir jou!”; daardie genotvolle uit-die-maag saamlag oor jou kleinkinders se manewales. Maar vandag wil […]
Koste van ‘n wapenstilstand
ek het ‘n wapenstilstand in die uithoeke van jou oë beleef; toe ek verby die skermutseling kyk wat verward stoei in jou kop kon ek waarneem dat jy lanse breek en van nuwe psalms preek jy predik dat berge nie kan verrys as die aardbewings in stilte suis nie dat koringkorrels eers moet sterf voor […]
Pesag oorwinning 2121 (736 woorde) Silwer
Jankun swaai die net hoog bo sy kop. Vir ‘n sekonde huiwer hy. Dan trek hy die net stywer en ruk die klein bokkie nader. Die lem gly vinnig en sekuur oor die dier se nek. Die warm vloeistof druip oor sy vingers in die wagtende houer in. Hy lig die bokkie gemaklik oor sy […]
Paasfees nabetragting (SILWER)
Paasfees nabetragting in die gewoel van die wêreld waar ons woon is Paastyd vir menigte mens ʼn wegbreektyd uitstappies na vele plekke vol feestelike jolyt vergeet hul die dood is Evasvrugvergryp se loon uit Pasgabloedverbond ontstaan Paasfees die Lam vir ons geoffer as wynbrood Hy is vir ons gebreek en kom verlig ons nood so […]
Liefdestring (Silwer)
deur sielsverlang kan ek met nabetragting my *koestermense aan die hede kom hang van heinde en ver naderhark oor *instringtye se goedvoel besin en opnuut vasknoop aan my hart só die Paasverlange verdring en systap hierdie gedwonge afsondering ©Driekie Grobler *koestermense – geliefdes na aan my hart *instringtye – bymekaarkomtye – samesyn