‘n Engel op my slaapkamermat
Ja sowaar, lekker gemaklik en uitgestrek lê sy in die vroeë herfssonnetjie, skuins oor die mat gedrapeer, iewers aan die voetenent van die bed. Ons tweetjies het al dikwels paaie gekruis, maar dit is iets wat ek nog altyd vir myself gehou het. Hoe verduidelik mens in elk geval die grootste deel van die lewe […]
Hartedief
my seuntjielief hartedief met jou karnalliestreke jou soet en stoutighede met suikerbeksoentjies kousies en skoentjies jou kettie in jou sak het jy sak en pak met kuiltjies en laggies o so saggies voor ek my kon kry diep binne in my hart kom bly hier het ek vir jou ‘n vesting gebou teen wind en […]
KATEGORIE: die TAAL – SKRYF en PRAAT. . .
Die TAAL – SKRYF soos jy praat, en PRAAT. . . Is ons tevrede, is ons gedien met die taal wat ons opgedis word – nie díé van mense wat meen, ons taal durf glad nie bestaan nie – maar van die eie afrikaanssprekende joernaliste, uitsaaiers en politici, van predikante en sakeleiers, van boere, ingenieure […]
FILMRESENSIE: Daai „Gatvol”-film
FILMRESENSIE: Daai „Gatvol”-film Nou die jaar [2005] het ek die film met Leon Schuster gesien, waar twee mense op ‘n verhoog staan en baklei en mekaar met ‘n kitaar slaan. En wie was in die eerste ry voor in die gehoor? Al Debbo! Liewe ou oom Al Debbo. Bietjie ouer as hy was, maar dit […]
KATEGORIE: Musiek en Musikaliteit in die TAAL
KATEGORIE: Musiek en Musikaliteit in die TAAL Waarop staan of berus die kuns van die musiek, van gesang, van die taal, van spraakkuns, drama? Al hierdie kunsvorms het ‘n gemeensame noemer – die asem, oftewel die asemhaling. Maar, hoor ek iemand sê, dìt is eerder tegniek as wat dit kuns is. ☼ Regso! Die kuns […]
Vakansie-liefde
elke dag saam met jou is soos vakansie hou op ‘n spierwit verlate strand net ek en jy hand aan hand wat soos kinders met ons tone in die sand kastele bou teen die hemelblou net daar vir mekaar kan wees vry soos die meeue wat branders aandurf sonder vrees jy is die koel seebries […]
Liefdeshart
Ek gee my hart aan jou om liefdeslelies in te plant Jy laat omgeestrome vrylik vloei fyn rooi passierose verskyn jy rig die gebreekte wingerd weer op om ons liefdes vrug te dra moedig bang rankrosies aan om te ontknop met groot geduld en verdraagsaamheid koester jy die skaam viooltjies verwyder jy die koppige onkruid […]
Liefde
my lief ek gee my hart aan jou jy gee jou hart aan my jy slyp my skerp punte rond ek brei jou tot sagte klei jy deel my diepste geheime jy bêre dit in jou hart jy deel my diepste vreugdes ek jou diepste smart jy is vir my die spieël wat my wys […]
Eerste liefde
soos ‘n fyn broos rein wit skugter roos het ons liefde weergaloos skaam-bang ontwaak maagdelike botsels teer versorg deur ons bewaar gekoester beskerm teen gevaar kon tot volle wasdom kom ons liefdesroos oopkelk en blom
Agt maal genadig
Hemels – as die son opkom vlam ‘n amber vuur in gloed. Oopbek lag die lelieblom – ‘n nuwe dag kom groet. Te staar na wolkpatrone – wasig’ wonders wat deur ruimte swerf. Weswind ruk aan groenblaar krone, waai reënbeloftes oor my werf. © Carma Shaw 16 Maart 2017