Volkome Vrou
Wat presies beteken vrouwees? Vrouwees is vêr meer as biologie of geslag. Sy is spesie soos geen ander. In my werklikheid is vrouwees soms presies dieselfde en soms, lynreg verskillend as manwees. Onverklaarbaar, onverstaanbaar, onversoenbaar, verskillend. Met so wye verskeidenheid in verteenwoordiging, wie het die reg om te besluit wat vrouwees nou eintlik beteken? Mense, […]
Die lewe is ‘n dansvloer deur Lynelle Clark
1950 Woorde Brons gradering “Wat is fout hartjie?” “Niks nie ouma.” “Dit lyk nie soos niks nie, pop.” Die gerustellende breinaalde se ritmiese klanke die enigste geluide wat die laatmiddag versteur. Die sagte skynsel van die lamp omring ouma in rustigheid, die teenoorgestelde van haar gevoelens. Maré staar deur die venster. Die grou nat weer […]
silwer rantjie
stil in die aand se geluide verstil my hart in jammerte ru word ek herinner aan ‘n tyd toe ek jou geken het om my lyf ek wil gaan sit en stil word met ‘n warm arm om my skouer wat my sagkens vasdruk en koester wat my siel laat stil word en fluister ek […]
’n Dans vir Gina
(Goud) Ek skryf vir jou ’n dans, Gina midde hierdie donkerste uur. Kom die môrelig hier aan wil ek ’n wals en ’n woord vir jou stuur. Dans, Gina, dans – uitbundige danse soos die fynbos wat groei teen Potberg se kranse. Soos ’n riet in die wind wat verlossing vind in dié wete: Al […]
STOP EN RUIK DIE TAMATIEBOS
Ek kyk na Herman Lensing. Hy en ‘n gas kook dat die sop spat. Dit bly maar vir my ‘n plesier om te kyk wanneer iemand uit sy/haar hart uit kook. Deesdae voel dit so half vir my kosmaak het sy lekkerte vir my verloor. Dalk is dit maar net omdat die kinders uit die […]
Die storm aan die einde (Brons)
(1032 woorde) Die stilte in die motor is tasbaar. ‘n Ongemak wat almal ken, maar waarvoor daar nie ‘n woord bestaan nie. Buite word die nag soos dag toe nog ‘n weerligstraal die wêreld vir ‘n oomblik verlig. Sascha staar die donkerte in. Die broeiende storm buite weerspieël haar gemoed en emosies. ‘n Cliché, ja, […]
Uit die bloute
(goud) Teen die einde van die lente het die wind noordwes gedraai en donker wolke van die see af oor die Boland ingewaai. Die dag het vreemd en koud gevoel; die grond was klam van reën. En as Novembermaand ’n vrou was sou sy oor dié verlore sonskyndag ’n ballade uit kon ween. Want, hoe […]
Laat-lente se stof
my delila lippe lag fyn my voorkop is nat van bid, God en sweet en ek kyk weer in Sy oë; op na ‘n gewone wêreld wat niks weet nou jaag jou asem deur my are soos vroeg vanoggend toe die poue vêraf êê-êê met hul bont vere en deftige verwar my siel probeer die […]
Nastergal Wolfram en die 72 Maagde
“Dis nie dat jy lelik is nie, dis net dat… nee, ek kan tog nie so oopbek lieg nie. Dis oorlat jy so lelik is.” “Ons sit die ligte af en jy maak toe jou oë…” “Nee dankie.” “Wat van ‘n stukkie geel vet biltong?” * * * Soos dit mos maar op ‘n klein […]
Ontvoering van Lalie de Nysschen
“Help my iemand, help my!” Sy skop weer verwoed teen die deksel van die kattebak. Ek moet myself los kry. Ineens hoor sy manstemme naderkom. Sy bly tjoepstil. Sy hoor hoe hulle nader stap, dan beweeg hulle weg. Trane loop nou oor haar wange. Sy draai haar gesig na die geroeste slot en stamp daaraan. […]