Droomvlug
Ek wandel deur tuine, my liefste – boorde waarin bloeisels gedy en loop deur die doodsnik van winter, Namakwa lê blombont om my. Soms verdwaal ek in dorre woestyne, waar skedels en skepe skelet langs ‘n kus met duisende duine – teen die wind en die weer in verset. Ek stap met ‘n stofpad, beminde […]
Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n liefdesbrief
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar die daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer […]
Troosteloos
as blomme pyn kon stil sou ek langsteel lelies pluk en dit in erdekruike op die vensterbanke van jou roomgeel huis rangskik sou melodieë van weleer jou gebroke hart kon heel sou ek We’ll Meet Again, As Time Goes By en The Last Waltz vir jou speel as die lig van duisend vlamme tot […]
Daar’s net iets omtrent ‘n Sondag
die son val deur my ruite en maak patrone op my bed met tak en blaar . . . en vêraf hoor ek kinders wat in die strate van Brackenfell baljaar daar’s krieket op die tv maar die radio speel nog steeds klassiek die wind is net ‘n roering en die duif in die […]
Demensie
My ma sê sy kan nie uit die huis kom nie want dit vervul jou met angs, en sy vrees dat – indien sy nie vinnig weer tuis kom nie – daar woede en vrae in jou stemtoon sal wees. Sy sê jy het weer in die nag op gestaan – slaaploos, verward en vir […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vinnige versie
ek bind ‘n bont sarong om my goudkoper lyf ek buk langs die water om my woorde te skryf in die sand van die see in die blou van die lug word ek die albatros wat deur hemele vlug ek wydsprei my vlerke ek’s ‘n wolk voor die son en patroon al my druppels […]
Want daar’s niks wat lewe gee soos water nie
en ek’s jammer vir jou skape en ek’s jammer oor die bees die somers was nou drie jaar lank net veels te droog gewees ek weet die vleie loop nie en die veld is dor en vaal ek wis die son se skroei sal nog die laaste lewe uit selfs ‘n bitterbos kan haal maar […]
WONDERWERKERS
Maria was nog baie jonk en van Nasaret daarby – ‘n onbenullige ou dorpie met niks besonders in te kry. Maar op ‘n dag kom daar ‘n engel – (Gabriel, was sy naam) met ‘n boodskap van die Here af wat haar stil, verstom laat staan. Moenie bang wees nie, Maria (vertroos die engel haar) […]
Voor die donker kom
Hellingstraat se mense kyk oor heinings en die duiwe op die skool se dak – (verby lamppale en telefoondrade) na waar die son in die verte sak. Skemeraand se tarentale is vir oulaas nog aan’t wei, alsó tripp’lend met die lou pad langs – nege voëls – in ‘n skuins, gebroke ry. Teen die bult, […]