Hemelwense
ek wens ek kon jou my woorde wys meeste is oor jou ek wens ek het nog gehad wat ek om jou hart kon vou ek wens dat ek ‘n dief was jou hart sou ek steel ek wens dat ek ‘n engel was in die hemel sou ons speel ek wens ek het sommer […]
Liewe land
Ek betrag die kleure en klank oordink vervloë dae se oorvloed en dank. Ek aanskou berge en dale wat met eggo antwoord gee op my bewondering terwyl die uitspansel oor my pronk in amber, kobalt en monochroom wat uit gister vermeng tot ‘n reënboog wat vol hoop die hemelruim seën. Liewe land ek is bly […]
Ek het ‘n engel gesien
Vandag het ek ‘n engel gesien Die tiepe meisie Wat net hemel verdien Groen oë, bybelversie mooi Hare soos ‘n waterval En wangetjies bloedrooi Sy stap toe na my Dis asof sy sweef vir ‘n oomblik wens ek sy stap verby Ewe skielik, skoenlappersag Begin sy sing met ‘n stem wat mens van ‘n engel […]
Omwenteling
Jy dryf saggies in jou eie donker rond En raak stilletjies weg stukkie vir stukkie verloor jy jou self Dag na dag Vir ‘n leeftyd lank Jy word ingesluk Amper verorber Vir ‘n oomblik, net voor jy groet, Sekellag jy Jy is ‘n vegter Al lyk dit nie so nie ‘n oomblik se rus En […]
Help my onthou
help my onthou die droomblou in jou oë as ek liefd’ryk daarin kyk voor gedagtes grys word en skakerings mettertyd sleepvoet daaruit wyk help my onthou die strelend lied van jou stem as jy male sonder tal neurie hoe kosbaar ek is en hoe jy voel spesifieke klank sal stadig verdwyn soos organe oppak deurtrek […]
Die gedig is vir jou
Ek skryf die, vir jou, Want jy verdien ‘n gedig Jy verdien meer as dit Jy verdien die wêreld, Maar al hoe ek my hart kan gee is as hy soos ‘n gedig lyk Ek skryf vir jou oë Want ek weet die blink steek ‘n leeftyd se seer weg Ek skryf vir jou hart […]
‘n Penvriend
Ek wonder wat sou gebeur as my hart kon skryf Sou hy ook geskryf het oor hoe hy voel Elke keer as hy jou onthou Of sou hy skryf oor hoe hy homself probeer regmaak Elke keer as hy homself stukkend val Dalk skryf hy net oor die oomblikke Wat hom vinniger maak klop het […]
Ftisis
My Bosveldland groei uintjies blaargekrul in leeuspore lank reeds toegewaai en tussen opslaangras en vloeispaatrif rank wurgend sandappels in son se braai. My Bosveldland verskraal as winters kom, maar dan dos bergalwyn in karmosyn en blare roes tot gespikkelde vaal en die Suidwind verkluim die son se skyn. My Bosveldland sweet as die Somers brand […]
Vrede wil genooi wees
Waar lê Vrede? Iewers in ʼn boek? In ʼn terugdink of ʼn lewensles? Vrede kom op sy tyd aangestap. Soms half sleepvoet en sku. Tot jy hom herken of liewer erken in ʼn …oggend reuk, of in ʼn kind se beste probeer, net vir sy Ma. Dalk in jou eie tuin se pienk roos wat […]
Insomnia
Ek verdwaal in wakker en soek slaap te vergeefs. Uil se knip ontwyk my, ek hoor hoe-hoe hy luister na my kop wat raas en met dag breek net fluister