My brief
Here, Laat dit wat borrel Hier binne my In die mooiste Mooi woorde verander. Laat my hart Oop bars Op wit papier. Laat my emosies Die skryfstuk versier. Bring terug: Rymwoorde, Groot woorde, Vloekwoorde En woorde Van omgee. Laat my trane In ritme verander Soos dit drup-drup Oor die ink. Laat dan Jou liefde Die […]
Sielswens van ‘n slegte dromer…
Die voorjaarson sak statig, frambroosvergroot, agter gunter vlootblouberge en die somervlinders, wat soggens saggiesstrelend oor die keur van blomme sweef, het reeds op skeut van fynbosgroei hul selwers vasgeweef. Die wind haal rustig asem as die aandster dof beginne blink teen die laaste ligweerkaatsing as voorafskadu vir die dag wegsink en die kriekies waag so […]
Aanrolbrandertjies…
Met aanrolbranders in my brein bly ek ronddobber op gety teen my nodelose aanhou stry en koudverlang wat in my skry. Maar vroegdag het my bitter trots teerverlang se rots geklots, en met die t’rugtrek van gety was op my strand se siele-sand jou kaalvoetspore ingebrand. Toe’t ek (dikvellig in my nerf) gekeer dat liefde […]
‘n Skuimpie Wroeg
Met skemering, toe die vinke by die vlei die lug deurweef met helder rooi en geel, het ek net vir ‘n wyle my verbeel jy loop weer deur die riete saam met my… Want alles was soos toe ons, sy aan sy, gehoor het hoe die windjie deur hul speel. Ek wou die uur se […]
Lugkastele oor jou
Ek wil lugkastele bou ek wil jou naam in my hart hou wanneer ek spreek, wil ek dit uit skreeu en jou wese in my toevou Jy drup op my gedagtes as jy smelt-ys word wanneer die hitte van die son jou deurtrek, deurgrond . Jy trap op my tone wanneer ons om en om […]
Versoek van die graf
Versoek van die graf daar’t ook eenmaal lank geleë koningsblou tulpe in my irisse geblom dit was die dae toe die son nog (ongerep) tinte oor my vel kon trek – die geur van nartjie in my ruik ontplof nou is my sawwe lyf ses voet diep begraaf – maar ek sien jou (steeds knielend) […]
Briefie vir jou (1) …
die oggend het gekom sonder ‘n blink sonstraal en dis op sulke dae dat verlange my inhaal dis die kere wat ek jou so graag by my wil hê sodat ek met jou kan praat sonder om ‘n woord te sê dis die kere wat ek net teen jou bors wil leun sonder om te […]
Sonder jou in my môre …
sal jy môre nog daar wees om my vas te hou sal jy môre nog loop met jou hart op jou mou sal jy môre nog opstaan en lief wees vir my sal jy môre nog vra om ‘n soen van my te kry sal jy môre nog ‘n rukkie stilstaan en my nog ‘n […]
Gedagtelose strande
In gedagtelose oomblikke Poison Ivy jy om die golwe in my brein vat jy my hand mosselskulp dit toe in joune wys jy my jou droomland se strand vat my sagkens om my middel daar waar my rug soepel buig dan lei jy my jou seestrome in jy, my meerman en ek, jou meermin.
As jy tussen sterre ‘n draai gaan maak …
oom Frank het gesê “fly me to the moon let my play amongst the stars” hoe het hy geweet my hart wag vir jou daar as jy later vandag tot by die maan vlieg bring vir my ‘n klippie saam skryf daarop ‘n liefdesbrief as jy tussen sterre ‘n vinnige draai gaan maak onthou om […]