Agter die pienk deur
Lalie trek die deur versigtig toe, saggies sodat sy nie ’n geluid maak nie. Haar huismense slaap nog, want dis nog vroeg. Dit is net na ses en die son is nog nie behoorlik op nie, maar die flou oggendlig is genoeg vir Lalie om te sien wat sy doen. Haar hand rus ’n oomblik […]
Kuierplek in my hart …
bring jou matras en bring jou kombers bring jou gunsteling kussing met die sloop van pers bring jou eie koffiebeker en hout van die ou kremetart en kom maak vir jou ‘n kaggelvuur-kuierplek hier diep in my hart © borrels
EK wens, Ek wens
, Ek Wens, Ek Wens— Ag, kon ons maar alle lelike dinge wat ons hoor, sien en lees, soos vergrype van harteloosheid teenoor mens en dier, hongersnood, droogtes, peste, al die gedagtes van angs en vrees wat ons lewens verpes soos broodkrummels in ‘n tafeldoek toevou en gaan uitskud buite die kombuis se agterdeur in […]
Ek skryf (weer) vir jou (3) …
ek was vandag by die strand gewees gaan kyk hoe branders spoel ek het weer daar jou woorde gehoor “ons is vir mekaar bedoel” ek wou gaan kyk of ek nog jou naam daar in die seesand kry maar die golwe het dit weggespoel getekende hartjie wat sê jy’s lief vir my ek wou nog […]
Jou vel was sag maar jou baard was hard.
Ek het gisteraand van jou gedroom na amper tien jaar het ons ontmoet daar was ’n kampvuur en ’n rivier daar was maanlig en naggeluide jou skouer was welkom en daar was eelte aan die binnekant van jou hand en soos ek oor jou wang gestreel het het ek besef hoeveel ek daarna verlang.
Dwaas op dwaas
Dom dwase is volop dis in hul spel en praat maar die dwaas van my gedig is van ’n ander aard. Engels is soms beter dit weet ons goed want die fool van liefde se pil is bitter soet. Dis nie liefde wat seermaak nie sê die slim mense gereeld dalk word mense net deesdae […]
My Weduwee-gebed
Dit is nie vir my moontlik om iets raak te sien, ‘n leemte raak te sien, en dit dan te ignoreer nie. Hierdie ding sal my gedagtes van vroeg tot laat ry en pla totdat ek iets daaraan gedoen het. Immers is dit ook hoe ‘n goeie entrepreneur se kop werk. Jy sien ‘n geleentheid […]
Kaggel wyn
Die nag is warm en kleef aan my vel dis alleenheid se asem wat oor my moeë liggaam blaas en my hoendervleis laat uitslaan. Alleenheid. Ek is nie eensaam nie ek verlang net na jou. Oë toe probeer ek jou voel probeer ek jou weer ruik. Ek weet jy is weg. Weg. Daai weg wat […]
Jy is 22 …
hoe graag sou ek vandag jou teen my bors wou druk om sommer net te sê My pop, baie geluk geluk met jou verjaardag jy is nou al 22 jaar oud en steeds is jy vir my in my hart ‘n stukkie goud ek hoop dat jy lekker verjaar en al die geluk kry wat […]
As ek (1) …
as ek ‘n lovesong vir jou skryf en dit vir jou sing sal jy ‘n strik om jou hart bind en dit vir my bring