Satans vuur
Satans vuur Satan se gryse vuur brand my siel. Sal ek dit kan verduur? Hoe kan ek my so verniel? Die ondraaglike gekraak van bene wat versplinter. Hoe koester ek wraak oor die mense se gefluister! In skaamte sak my kop alles wel verdiend. Gal stoot op in my krop, nooit sal hy wees my […]
Smartvraat
Voor jy jou wraak op ander wreek, moet jy jou hand eers diep in eie boesem steek; waar eie ek ydel teen nederigheid baklei sal jy moontlik die oorsprong van jou rampsaligheid kry. Daar waar jy ontkennend swyg oor flaters wat slaafs voor trots neerbuig; tussen versinsels wat fier in geilgrond van eieliefde groei, onderwyl […]
Die Dood en die tweede kans
Ek het haar doodgemaak. Jy hoef nie te wonder nie. Daar is geen raaisel, misterie of onoplosbare komplot nie. Ek het die pistool teen haar kop gedruk en die sneller getrek. Natuurlik nie sonder die nodige drama, trane en pleite nie. Daar was bloed orals. Soos ‘n rooi storm na ‘n droë winter. Dit het […]
Vlooie op Roossenekal
“Vir wat krap jy so?” Marthinus het die antwoord geken. Maar hy wou hoor hoe sy dit sê. “Dis baie droog in die hitte. Seker maar ‘n droë vel…” Antwoord Elsa met die oortuiging van ‘n Arabier wat sand in die woestyn probeer verkoop. “Verkeerd.” Het hy emosieloos reageer. “Pak jou goed.” “Wat?” Die paniek […]
‘n Tarentaal red
“Jy kan kies. My plek of joune. Ek is nie bang vir bloed nie. Ek moes van jongsaf bokke se kele sny. Ek my eerste lewer geëet het en die springbok se bloed op my gesig gesmeer het,” sê die man met die stoppelbaard. Eric is woedend omdat Lucinda sy Chelsea-memorabilia verkoop het. “Kom ons […]
Deel 3 Galbitter en koud
Deel 3 Die skok op Annelien gesig vertel sy eie verhaal; sy was onverhoeds gevang. Haar aanvaller het haar verskeie kere met ‘n skerp voorwerp geslaan. Haar borskas verander in ‘n rooi speldekussing. Bloed lê wyd versprei om haar. Een skoen lê verwese eenkant, haar skouersak oop. Die inhoud in die bloed verdrink. ‘n Foto […]
Die huis in Terrace straat
Deel 2 “Hi jy, het jy die vorm gekry?” hoor sy Rietjie, en sy draai haar kop, diep denkend, nie seker wat om te dink van die snaakse gebeure nie, en antwoord. “Ja,” en swaai die vel papier voor haar kollega se neus. “Goed, ek vul net gou die vormpie in. Wat dink jy?” “Iets […]
Moord op Duiwelslaagte Deur Lynelle Clark
“Kyk hierna Kaptein!” Roep die jong konstabel opgewonde uit terwyl hy in gehardloop kom en hou ‘n opgefrommelde voorwerp uit na hom; vir ‘n oomblik vergeet Shozi van protokol, sy eerste moord saak laat hom skoon lighoofdig van opgewondenheid. Kaptein Swanepoel kyk op van sy notas, ‘n flitsende oomblik geirriteerd met die nuwe toevoeging tot […]
Moordenaar
Die moordenaar: ‘n hartverowerende boosdoener. Wat koelbloedig lyktonele frabiseer, en borduurde harte met pyn prepateer. Sy skaamgevoel is swartgallig. ‘n uitgeperste suikerriet. Wat in die vermoor van n kind, vergisloos uit die vuur sal spring. O Ja, die moordenaar – met sy slegpassende gebaar, se grusame dade, virewig n skande wat bloed verf op sy […]
Netreg
In die dorpie van Netreg word hartseer deur niemand geluister nie: die bendes is oorgehaal om seermaak – dade te pleeg – voel n veer om met n skuldgevoel te leef. Soos Koning Leeu met sy pistool vol gelaai het duisende bloedig afgemaai klein, kop vir kop met dodelike koeels volgeprop. Soos Boy Fearfokkol in […]