God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
Ontsnapping
(goud) Ek lê in my armbuurt saam met ryk mense en ek hoor hoe baldadig hulle in oorvloed lag en rondval dronk gesuip aan hul eie ego’s al wat ek wil doen is op die rug van ‘n wilde perd spring ‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke en hierdie plek van lyding agter my […]
Karma (Limeriek)
Pou Piet Pompies wil meisies vang, So is elke vrou vir hom bang. Hy kleim hy is kaas, Maar brein byt die baas. Nou’s Piet Verdriet sy droewe rang. Charleine Collins © 2020 Illustrasie: https://www.britannica.com/animal/peacock
Bitter smaak
‘n Bitter Bessie is vol grys beloftes waar is die geuiterde troubeloftes? Nou is grom-woorde met geklemde akkoorde die moeder van alle seerkry sondes
‘n Bitter knal van verlossing
Mismoedig sak Gideon in sy rusbank in. Die sagte stopsel omvou sy lyf en ‘n gebrek aan ondersteuning van jare se uitgeleefdheid sluk hom byna in. Die moeë rusbank is omtrent al wat hy oor het. Dit en die deursigtige gordyne met verbleikte, verwelkte blomme op, breek darem die eggo van sy eie stem in […]
Memoirs van ‘n hoer se kind
Jou verlede haal jou altyd in “Wat was dit?” skrik Daniël met ‘n slag wakker. Die Kaapse wind waai buite. ‘n Somerswind, sommer so ‘n ongeskikte wind. Alles raas. Die huis se dak kraak, buite in die straat dans ‘n leë koeldrank blikkie vorentoe en agtertoe soos die wind ruk en laat los. Regte dronkmanspassies. […]
Onreg kweek verset
wanneer onreg grou flets en saad skiet in brak grond deurskemer bitter belet verwronge denke tot duister verset sonskynspatsels vervaag vars onthou en weeklaag rou die siel se bitter lot met opstand in eensame berou ©Driekie Grobler
Gaan die kaap ‘n moordvlakte oorleef?
Die Kaap se vlakte is ‘n broei plek vir hartseer en pyn en die lyding vir die mense wat daar woon is vir meeste mense maar ‘n suur na smaak in hul mond. Maar dit is alhoewel ‘n kind van segregasie ‘n weggooi kind en die karakter van ‘n weggooi kind sal altyd maar in […]
Hoё hakskoene
Sy het vandag haar hoё hakskoene aan, sy het baie, baie lanklaas hoё hakskoene aan gehad. Vir baie, baie lank dra sy net plat skoene, plat skoene wat haar plat op die aarde hou en veilige en gesond is vir haar rug . . . Plat skoene omdat haar gees en siel nie nodig het […]
Vuurmonster van die nag
te lank die smaak van smaad wat ‘n agtergeblewe lewe in die mond laat saam word daar vannag gepraat 3 hurkende skaduwees hou beraad oor ‘n knetterende donker daad ‘n duister daad wat hard sal praat ruik en voel die blinde haat wat bars deur wonde se dun naat proe die haat van verraad haat […]