‘Black Widow’ Silwer klas
Soos ‘n swart weduwee sit sy daar wagtend honger smagtend na mag doelbewus lok sy die prooi na haar met wulpse swaai en pruilmond lag van buite onskuldig soet en sag dodelik die gif wat daar op jou wag vasgevang in haar spinnekopdraad jou sinne verlam in liefdesverraad te laat vir onsnap uit haar dodelike […]
Vindicta (Silwer)
sy was sy naweek rabbedoe hy word haar dekadeketting sy móét vry verniet kan koop met geld wat hom met smeek oor millenias verbind A Fourie (Seirdna) 2020.12.01
Met die hand in die pampoen gevang.
Woordtelling: 349 woorde “Wat nou? Wat het jy aangevang?” “Wie sê ek het iets aangevang, Gert? Mmmm?” Otto neem plaas agter sy lessenaar, vou die dossier voor hom oop en laat sy oë vlugtig oor die inhoud gly. “Man, dit staan duidelik oor jou bakkies geskrywe, in groot hoofletters! So jy kan netsowel daarmee uitkom. […]
Vreemdeling met ‘n fiets
VREEMDELING MET ’N FIETS Daar is ’n losieshuis – Vryheid – net duskant Vaalvlakte, dolleeg behalwe vir ’n weduwee en haar dogter wat ’n eenvoudige lewe saam voer; waar niks meer saak maak nie, waar eensaamheid deel is van ’n bestaan in afsondering. Dat juis hiér ’n man met ’n fiets ’n einde sal bring […]
Voete van klei
toe blyk jou voete ook maar mortel te wees jou tong vulkanies ‘n sluimerende spioen wat met geringste konkussie vurig lawa stook wonde skroei wat oor weerlose sielsletsels kors ©Driekie Grobler (2020)
Kras in die ore
O Almagtige God my hart bloei soos ñ huilende druiwestok ñ Jong plaasboer met sy soldate-aanleg se liggaam oortrek met rowe, kneusplekke blou vlekke en snywonde wanneer jy in sy pienk griepoë kyk sien jy sy blink linkeroog het in die oogholte ingedop plaasboere skree tog bly hul soebatte buite stembereik. (Brons)
Vergifnis
in die loopgraaf van my gemoed skink ek vir oulaas ʼn kelkie bloed tussen vergeelde liefdeswoorde lê vele vergete beloftes verdwaal in rym en akkoord want jou dade het dit weerspreek jou hande tussen waarheid en leuen verdwaal geraak die teenoorgestelde begin praat nou staan ek hier voor jóú loopgraaf en strooi reuklose blomblare hef […]
Soet wraak van Herodias
die maan verlig die donker sel, gooi sy strale oor die apostel wat met sy moeë lyf teen die growwe muur stut hy sluit sy oë in gebed terwyl die hoonlag van besope hoëlui onheilspellend naderkruip sy gooi haar heupe sywaarts en met ‘n wulpse beweging swaai sy ritmies in sinlike genot voor Herodus Antipas […]
Vrybuiter
My kind, jou hands ruik íena groen sambreelboomblare daar’s baard op jou are en vuurhoutjies in jou hare Ma, hy’t eers fyn tabakblare met sy dik vingers afgestroop stadig sy handgerolde zol gerook en daarna met sy swart selotape my rooi lipstiffie gespoil hy’t my niks betaal vir my sexual toil.
Verlore Stryd
kwaai gal breek die diafragma versuur die sluk en neus brand soos vuur. spiere trek boog om pyle te skiet om vyand gesig uit en weg te slaat. diè braakskiet dade verlig nie die kwaad verseker wel ń langer siele stryd.