Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Waar Liefde Begin

Deur Adri
Datum gepubliseer: 12 Augustus 2021 Aantal woorde: 243 192 Kere gelees 16

Dokter Laurie Kilber se lewe word onomkeerbaar verander, die dag wanneer sy by haar huis instap en twee vreemde mans gebukkend oor haar geliefdes vind. Haar oom Louis Olivier, een van die twee mense, wat die totale som van haar gesin uitmaak, lê dood op die vloer en langs hom lê haar pa, Nathan Kilber vasgevang in ʼn geweldige epileptiese aanval. Beide Louis en Nathan word beskuldig deur Kolonel Johan van Graan van die moord op Matthew Townsend agt en twintig jaar gelede vir die verkry van die plase, The Buttress, en Fortress.
Tydens navraag oor die beskuldigings en die voorval agt en twintig jaar gelede by die Suid Afrikaanse Polisie word dit duidelik dat Kolonel Johan van Graan nie net sy eie agenda bedryf nie, maar dat hy ʼn gevaarlike manipuleerder is wat nie sal stop totdat hy gekry het waarna hy soek nie.
Laurie smokkel haar pa uit die land na sy besef sy kan nie op die polisie of die regstelsel staatmaak om haar pa se onskuld te bewys nie, en besluit om self agter die waarheid te kom van wat agt en twintig jaar gelede gebeur het om hom van jare se vervolging en moontlik tronkstraf te vrywaar.
Die oopmaak van die verlede, bring herinneringe van ʼn vergete kleintyd, en diepe ontnugtering en pyn vir Laurie en Matthew. Hulle gaan op ʼn soektog na die verlede want albei weet, sonder die waarheid sal daar nooit weer vrede en geluk vir hulle wees nie.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 23
Kommentaar telling: 0

Ek is huidig ʼn Projek Bestuurder in een van die grootste Finansiële Instellings in Suid Afrika, met ʼn twintig jaar betrokkenheid by hul Afrika Instellings. Ek beskik oor verskeie graad-, nagraadse- en Industrie kwalifikasies met ʼn PhD van die Universiteit van Pretoria, in Organisasie Gedrag. Ek skryf reeds oor die afgelope twintig jaar kort- en langer verhale. Ek het deur Dagbreek Uitgewers twee boeke gepubliseer. Waar Liefde Begin 2019 en Waar Liefde Eindig 2021.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 189 gaste aanlyn

Bydraes – Argief