Indigo gety
Lente, asuurblou sonder kreukels gevlei oor jou wangbeen en swanenek, bleekwit maagd in denim geklee met Septemberreën wat plek plek lek. Saffierfonkels en blinkoog skitters wat deur songleuwe glip, bloublomsalie sierlik in jou wille krullebol met lostrek linte wat verstrengel en stik. Zoempies wat kwassiestert in wolgras wei en asem knoop in jou stuifmeel doek, […]
want die sterre voorspel
klepels luier teen gegote luid en die stad ontwaak onder vlerkgegons van skutbrons duiwe – oggendstond laag op laag om gebed-oud knieë priesters en profete pluk wonders uit die uurwerk van verlede tyd om kraakvars op te dien met melk en heuning – doem verbloem in die koorsang van gevalle engele ‘n stil geprewel van […]
My beminde in ‘n wildevyeboom
aan takke van ‘n vlegsel-stam wildevyeboom in die middel van ‘n donkernag stad, hang sawens ‘n saggemaakte maan soms klein, soms groot, soms lewend, soms dood sy wortels bogronds geknoop deur wind en weer getemper, in rioolwater se opstyg dampe afgespons en oor gedoop (sy skouers swaar behang met wilde drome) in die park skuil […]
Gestroopte hoop
Die houtbalke se grein splinter teen my hoop hier waar ek elke dag vir jou wag. Somer het ongesiens geglip tussen ou bome en dae voel langer toe laatmiddag langbeen skuifel deur akkerklawer. Die koraal gloed van ‘n lui son gooi skadu’s in my nek en ek wonder of dit net ek is wat met […]
Verlang
Vlamme flikker flou teen kreefnette en ‘n brander bruis rebels deur kitaar akkoorde wat sterf in splinters van gebreekte skulp. ‘n Tafel kraak enkelvoudig en die afstand tussen die maan en hier word slegs ‘n hanetree. Vygies stu deur sproei en stormduin en ek meet alweer jou voetval teen die knusplek van die suiderkruis en […]
Winddroog
sout bly sout dit winddroog minute ure dae weke maande selfs jare soos bokkoms in ‘n bos (ek het jou laat los) gestring met ‘n onmiskenbare palet wat binnemonds kleef aan die verhemelte, die hart; hierdie jaar is skaars ‘n paar dae oud en pekel reeds teen my wang, ‘n dynserige voorskou waaraan laasjaar reste […]
Nes seepborrels
Hy tas in ‘n donkerte rond, soek antwoorde, swyende, in sy onmag het hy versoen met wat hulle hom aandoen. Hy spook onverpoosd voort, verlate, in ‘n verlede vergete en van liefde is hy ontneem, van drome en lied vervreem In stilte blom hy in sy onmag en verwronge gesigte wat lag is sy besoekers […]
Ma
haar hande dese dae twee bewertjies – klein woelig en niestandhoudend haar lyf ‘n koepel kromgetrek deur onbeantwoorde vrae geklee in son en see en laatsomer dae lippe sonder bewussyn aan’t bid geoefende prewel sonder rym genade vir haar kroos, haar nageslag vir nagte sonder skete en pyn met geleende oë kyk sy smorens die […]
Soutloop
springgety stu en dy deur waterlope van volle maan waar spiraalveer net en syfer in koralyn motet van oseaan skrabeuse rots se riffelrug groen bedek in alg en kelp perlemoen benat in hemelblou suutjies leun teen duineveld tussen windmoeg vygies wat skunnig tussen soutbos blom staan haar lyf geëts in keëlskulp van ‘n oorloop maan […]
Talm
ek staan besluitloos voor die boekrak veeg ongeërg oor skilfers van ‘n ou woordestroom – sameroepers van woord en rym ou geskrompelde woorde wat skuil in deurwinterde poësie – ook woorde in my eie hart wat kop onderstebo skuil agter ‘n gekneusde ribbebeen, wat kromvinger wys na goedgevormde dig gebundel tussen leer en lint (die […]