Die hemel weet hoe lief ek is vir jou …
Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou, die hemel weet hoe lief ek is vir jou. Want waneer ek hartseer is vertroos jy my, waneer ek na familie verlang weet ek jy is altyd naby. Jou oë vertel vir my ‘n verhaal van altyd saam wees, ek is altyd daar vir jou in liggaam en in gees. Waneer […]
Dit moes liefde gewees het …
ek kry jou fluister op my kussing ek sien die winter op die grond as ek wakker word is ek alleen die maan ‘n groot bal, koelrond daar is stilte in die lug in my kamer, rondom my tog hoor ek jou nog fluister in ‘n droom so pas verby ek kan nog altyd dink […]
DONSKOMBERSIE
Ek het vandag laatmiddag die dag se wegloop so plek-plek vasgetrap en ‘n bietjie dag se somer goud gaan bêre onder my slaap se donskombers Ek stof die dag se goud-as van my kamer vensterbank met ‘n glimlag af en maak vir my ‘n afvalkussing wat pas by my donskombers gemaak uit gister se druipstert […]
DIE KIEWIET SE GEROEP
Roep die kiewiet klankloos in die wintersnag swaai die Dennebome swierig boombas boudjies in die ysbevrore gebarste vingers van die wind terwyl ‘n Rubberboom se takke ritmies tussen al die stadsgeluide kraak Verdorde skimme van gister gly astrant oor vandag se toonstamp paaie en vervel gewetes van mensgedagtes in die nag terwyl die golwe van […]
Jy Is Myne
Jy is myne. Ek het jou dadelik herken en geweet jy is myne en ek het my geroeste hartskarniere geolie en die deure het geluidloos sag oopgeswaai dat jy kan inkom— Iewers vandaan het jy en die liefde vlindersag ongemerk sonder trompetgeskal arriveer in my lewe as die mooiste en blinkste ster aan my hart […]
Die reuk van vars ink
So kruis my pad onverwags ‘n vroutjie van 85 wat brei en blokkiesraaisels invul en daagliks 4 km stap. Ongelooflik. Dat ‘n mens jou kop so jeugdig op so ‘n ryp ouderdom kan hou. Sy beduie dat dit genade is dat sy, alhoewel nie altyd gesond nie, gewoonlik besig kan bly en sodoende nie tyd […]
Nou weet ek tyd is baie Kosbaar…. (Carpe Diem – Gryp Die Oomblik)
Tyd het so vinnig verby gevlieg, pappa, ek en jy het mekaar heeltemal te min gesien. Ek dink aan al die kere wat ek langneus ontwikkel het, ek het baie vir pa gelieg, ek wonder ook soms hoe kon ek so goeie pa verdien. Ek sou eerder laaste goeie oomblikke saam met pa wou deel, […]
As ek soggens ontwaak.
As ek soggens ontwaak is jy die eerste een op wie my oë liefdevol rus al is jy nog in droomland— Jy is die liefde, vreugde en rede waarom ek my dagtaak aanpak— Elkeen gaan sy weg waar werk en pligte roep met die die seker wete vanaand kom jy huistoe want jy is myne, […]
Waterspoor van ‘n Wildegans
teen die oewer van die horison – daar waar die son bloeiend in skakerings van karmyn asemloos sterf – trek die vlug van ‘n verdwaalde swaeltjie donker strepe deur die lug verby die dowwe skyn van Venus se lig in die skadu’s van ‘n verlate Wilgerboom wat treurend oor water hang word lig en donker […]