nuwe dag
donker baar lig lig skyn oor kwaad en goed gister word uitgestort in ‘n vandag se beker gal gemeng met soet oudag se kennis is die van nou :geen terugkyk :geen verwyt :geen berou haas weer probeer sagter oor die jonggras balsem smeer aan die seer lig hoog jou beker tentbewoner drink ‘n heildronk op […]
KATEGORIE: MOONTLIKLIKHEIDSVORMS 1: Moontlik is Alles
MOONTLIK is Alles As Daan maar net sélf kon gekies het, sou hy alleen die onvrugbare droë plaas met eie middels gekoop het. Maar soos dit nou maar is, het hy geen keuse gehad nie. Want, om die nodige geld in die hande te kry, moes hy die onmoontlikste vrou op die dorp trou — […]
KATEGORIE: Moontlikheidsvorms – 2: ‘n Appel en ‘n Ei
‘n Appel en ‘n Ei As ons ‘n appel sou wou hê, sou ons ‘n boom moet plant. (Of moes mos geplant het.) Sou ons ‘n eier wou hê, moes ons hen dit dog lê. — Had ons ‘n hen, wil dit sê! — Had ons die boompie geplant en die hoender gekoop, — en […]
As flitspoeier ontplof
As flitspoeier ontplof Vandag span jy osse, waar ploegskare breek en draai téén die dor gebeente van verset. Môre verlang jy terug: swart moerkoffie, varsgebakte brood en plaasbotter, beeste bulk in rooi Afrikaner stof. Gister onthou jy die oes, jy gooi woorde in die vuur en sien hoe gesigte wroeg. Oor ‘n leeftyd kyk jy […]
Bosveldhuisie
Ek weet van ʼn plek, waar impala-lelies in die veld opkom en kosmosse kleurvol in die wintergras blom. Waar die kameeldoring vroegdag die eerste sonstrale vang, en die maan tot laatnag op ons voorstoep rondhang. Ek ken ń plek, waar die jakkelse snags vir die stilte blaf ‘wyl die winterbries salig deur die veldgras draf. […]
engel veer so naby.
ENGEL SO NABY. Groot is my verlange na mense reeds in hulle finale tuiskoms finale rus in ”n wêreld onbekend aan my nou groot is my hoop om eendag deel van daardie rus te wees sonder enige kommernisse, siekte of leed van ander om my, dankbaarheid vir my eie lewe, gered vir die soveelste keer […]
Al lê die Berge nog so blou.*
Al lê die berge nog so blou* As ons Kaapse berge brand, geblaas deur eie woede en die wind, dan dwarrel blom en twyg van fynbos spookpatrone oor die strand. Al lê die berge elders blou, knak Knysna-woude midde roet en as en verwronggebrande dier en voël verkool in vlam en rook se dampend grou. […]
Vannaand se drome
In wie se droomland kry ek jou? Myne … so ru onrustig wyd? Of joune… sag, vol liefde en vol spel? Maak dit saak? Solank ek jou kan vashou … jou vrouwees teen my voel… solank ek jou kan ruik… en aan jou ewigheid kan proe… kan ek weer terugkom nag na nag en krag […]
Versugting na gister
Op reis deur ‘n verlore land klip , stof , bloed en sand Geen boom , blom of plant Net ek, dis niemandsland. Geen mens, geen dier, geen lewe… Niks empatie, gevoel , gewete. Brak aarde van my siel verskroei, Sal ek ooit weer kan sien en voel? My kinders laat verstaan… dis nie wat […]