onwillekeurig
onwillekeurig as woorde soms hul lug verloor ek hygend oopmond asemhaal snikkend sonder tussenpose soekend na die spore nagelaat soos in dowwe gevreesde angs en alles wit brand teen die rooi in my bloed, wonder ek oor onheil, die dood se kennis teen my eerbied se voel en die ontsag van liefde se mooi… ontmoet […]
Spook trein
Die spooktrein (Limeriek) by dorp-sonder-naam se daklose stasie op die stowwerige perron sonder bagasie sit die nagskofspook ‘n Lexington en rook langs hom middernagleesstof en ‘n halflyf hasie
‘n Skets oor Passie deur Lynelle Clark
Daar was ‘n tyd dat my lewe ‘n nimmereindigende swart put was; waarvan die einde nie sigbaar was nie. Ek het nie geweet of daar enigsins vir my ‘n toekoms was nie en het eenvoudige gestop om te droom, niks het sin gemaak nie. Vir ‘n lang tyd was dit ‘n goeie wegkruip plek – […]
‘n Pop vir Elma deur Lynelle Clark
“Kyk wat het ek vir jou gekoop, Elma?” gretig steek Elma haar arms uit en neem die pakkie by Tannie Esmé. Oorstelp van vreugde druk sy die pakkie teen haar bors, haar gesiggie straal geesdriftig. Die blink geskenkpapier spoor haar nuuskierigheid aan en met gretige vingers pluk sy opgewonde die papier af. “Wat sê jy […]
Trane op swart spore
Trane op swart spore my oë en hart traandruppel strome as die hartseer-fontein uitborrel van onthou van die verlange na ons se saamwees toekomsdroom nou slegs weggefluit saam met stoom tonele verbyflits my menswees in rou in ‘n tjalie van hartseertrane toevou klik-klak-klik-klak op die swart spoor ek het jou vir ewig verloor eensaam staar […]
Ek vergewe jou
Ek vergewe jou ek het so diep geglo en vertrou geglo aan van altyd en ewig vir my en jou die wêreld om en in ons twee se saamwees ons lewenspad een groot fees jy het my die sterre en hemel daar bo beloof maar in minute nee sekondes van glo beroof nadat ek my […]
Jou uurglas my kind
Jou uurglas my kind My kind die dag met jou geboorte het Ek jou uurglas regop geplaas vol gelaai wat stadig begin deurloop as baba sonder weet wie jy is of gedagte korreltjie vir korreltjie, een vir een sonder haas in jou lewe wat kom vol liefde geloof en hoop My kind gebruik elke sekond […]
Dit reën mos altyd.
Daar is donderstorms in my hart vrolike laggende wrede slae so hard ek druk my ore toe en probeer dit smoor maar jou stem bly al wat ek hoor jou woorde en wense en drome gedeel (met my sonder toestemming sonder hoop) sonder pyn maar so steel jy my hart en hou dit vir jouself […]
Blommeprag
bougainvillas blom in vrolike kleure mooiste blomme so dankbaar in reën my hande stukkend van dorings snoei bougainvillas blom in vrolike kleure saggies op my neus tussen lentegeure in groen en rooi skepperskwas geseën bougainvillas blom in vrolike kleure mooiste blomme so dankbaar in reën ©Teárlach