Jongste aktiwiteit:

2017(Bladsy 33)

soos kalkoen in die gras lê ou jonas op sy matras voor wei ouman se skape jonas wil eers klaar gape oor rant kom ouman te-perd gallop met ‘n waaiende stert vier sit ouman ben penorent tel hy skape en kry die prent jonas hoor te laat en laat vat ouman swaai kort peits se […]

Wanneer somersonbegeertes in winterskadu hiberneer – na herfsbevlekte grashalms tas na asem – jy my hart verlei en snags styf teen my lepel-lê ramifiseer herinneringe links en regs verby in die gange van my gedagtes eindelose spore na geluk flits beelde van ons eenwees deur die dieptes van my siel euforie-winterliefde ek en jy…

Die ses letter woord Vir die vrou in ‘n liefdelose huwelik, vir die man wat voel hy het misluk vir die kindjie wat by die weeshuisvenster uitstaar vir die jongmens wat nie meer sy eie lewe wil bewaar. Almal het dit nodig, almal hunker daarna almal wys dit nie noodwendig want hul weet nie hoe […]

Daar’s melancholie in die Augustuswind, veral hier op die Hoëveld. Dis ‘n sameswering deur die stof van die ou myn-slikdamme, rollende koeldrankblikke, tollende plastieksakke en die histerie van verkeer. Die duikweg is donkerder, die wag by die kruising meer bedroewend in sy lang swart jas en die taxi’s ry stadiger as gewoonlik onwettig oor die […]

Dié tyd van die jaar het weereens aangebreek…’n feestelikheid wat vir elkeen sy eie sjarme en sentiment inhou. Die opdrag: Digters: Skryf ‘n gedig wat in ‘n kerskaartjie ingesluit kan word. Die tradisie van kerskaartjies uitstuur is stadig besig om uit te sterf as gevolg van die gebruik van allerhande elektroniese weë. Kom ons poog […]

Ja ek weet dit is seker al te veel oor en oor en oor oor gedig en niks wat ek sê is nuut nie en niks wat ek sê gaan enige iets verander nie maar ek mis jou soos my voete dit mis om kaalvoet in die dorp te loop en my longe dit mis […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed