Geslote deure
Geslote deur (4de skryfkompetisie ) Met ‘n verhefte stem het jou geslingerde woorde reg deur my blou gekneusde hart geboor en ek wonder… “is mishandeling altyd dan ‘n gebalde vuis?” want, jou woorde sny skerp en diep en los letsels wat die blote oog nie raak kan sien wie gee aan die stilte ‘n stem? […]
Tortelduif
tortelduif jou mooi duif jy wat uitgesoek was jou vlerkies oopgespruit koer jy langsamerhand elke dag bewonder ek jou terwyl jy pik op die grond mielies en broodkrummels geniet tussen druppels dou vroeg in die more met die son se lig word jou eerste koer koer gehoor verlustig ek my in die oggendlied my wakker […]
Weerkaatsing
soos ‘n ego weerklink dit terug word die geluid weerkaats in ‘n grot ‘n leë hol saal geluidsgolwe deur rotswande hier waar ek staan vry en die wêreld stil oorkant die kloof van stilte wat ons skei tussen berge en dale, klip en bome kan geen geroep ‘n dowwe weerklank wek soos ‘n weerligstraal skiet […]
Doudruppels
soos doudruppels beleef ek jou trane gegiet in stortings uit jou diepste wese drink ek elke kreet uit jou hart uit op dit ruk my binneste deurmekaar my woorde het opgeraak verswelg in my keel vasgesit saggies hou ek jou vas so naby is jy maar stukkend verskeur jou pyn het myne geword niemand verdien […]
JOU DEUGDE
As ek jou deugde nou moet plaas in orde van belangrikheid – waar sou ek tog begin? Jou liefde laat my net nie los. Dis sterker as die dood. Aanvaarding – altyd is ek goed genoeg. Jy luister onbeperk – ‘n seldsaam’ deug! Jou deernis raak my hart aan; ja, jy voel my leed. Jy […]
IN DIE VOETPAD
IN DIE VOETPAD In die voetpad loop ek – dorings maak my seer. ‘n Hand haal dorings uit, ‘n sagte hand. ‘Seblief, drá my hierdeur….!
SKEWE BOOM
Ou boompie skeef, wat staan jy só? Jy moet mos groei na bo? Hoe hét jy tog so skeef gekom? Die wind, die wind, dis al wat ek kan dink. Die wind het jou so skuins gedruk, maar vrugte kan ons steeds nog van jou pluk. My vriend, die lewe het jou skuins gedruk, maar […]
liewe Reën
ek wil vir jou ‘n benatte brief skryf en dit in my dorre grondhart vir jou stuur deur per reëndruppel deur per grys wolk mag jy nooit weggaan nie mag jy elke dag jou genade sluise oopmaak en nie vir altyd jou wolkekrane toe hou nie jy is altyd welkom my bedroefde Suid-Afrikaanse deur is […]
Alleen, sonder jou!
Tussen oggend en aand verdwyn jy stadig, stadig onder die grond tot jy wegsmelt in die duister van die nag was jou naam liefde?
lag van jou mond
ag van jou mond as oggend dou, blaar met traan behang en sagte son, strelend verlange ontsmart, mis ek die warmgloed van jou omhelsing, jou hand in myne en soos die dag ontvou, wil ek net vir ‘n wyle… agter die lag van jou mond, onder die troetel van jou kyk, vertoef ©Anton Kilian