TUSSEN ROOI SATYN
In die middel van die nag het ek smagtend vir jou gewag ek voel jou stomende asem ons liefde is toegewasem In die middel van die nag soene sag in die stomende nag jou lippe rooi soos skarlaken tussen fyn linne en ń laken In die middel van die nag het my liefling vir my […]
VERSPLINTERDE HART
VERSPLINTERDE HART Dis finaal ons lewe van bitter soet seerkry jy moet asseblief verstaan jy het my wereld op sy kop gedraai jou laaste groet het ons ewige stilte G E B R E E K teen jou woord teen my hart koue wat hier diep binne my verwoes is soos V E R S […]
MY PYN VERDWYN
MY PYN VERDWYN die maan se glans verdwyn bloei my hart om weg te kwyn waarom ruk en pluk jy my jy steek iets weg vir my verlep soos ń roos in pyn soos ń doring steek dit my wat soek jy nou van my ń hart van klip en pyn liegstories bly hier in […]
Vir altyd en ewig
Wanneer liefde kom nesmaak in jou siel en soos mos op jou hart kom lê moet jy eers na die reënboog stap moet jy eers aan die wolke raak dan gaan die hemel oop met ‘n blink nuwe pad om te loop U goedheid en liefde dra ek in my palm tot by die breuk […]
Waar die aarde treur
Waar die aarde se trane yskoud aan my voetsole lek wil ek op Everest se kroonspits myself onder die hemel uitstrek – reg onder die melkweg met my arms om die maan in stille omhelsing van ń koel somersaand Ek wil die nag se skoonheid en towerkrag beleef aanskou hoe sy die sterre in haar […]
Versedief van Vredendal
Wyl ek laat gistraand wawyd wakker na woorde soek – dwaal my denke na die rampokker vannie kaap die bra’tjie wat verse woord vir woord met lang vingers opraap wyl ware digters met Godgegewe gawes ń eerbare bestaan uit hartswoorde maak, skryf jý jou hart uit met gesteelde ink – loop jy trots met ander […]
R.I.V.
spierwit lê leë witmossel skulpe skoon gewas in soutwater deining geskrop deur sandbedding en rotse leë halwe doppe van die verlede wie onthou die glibberige slak met voelers wat daarin was byna geen spoor van hom spierwit lê sand bestrooi oral in weskus tuine op randakkers om mooi te lyk so lyk wit kruise ook […]
Bakkersbrood
Bakkersbrood In jou aangesig se sweet sal jy bakkersbrood eet totdat jy terugkeer na die aarde” hy was jonk, fris en vol krag die wêreld was sy oester hy kon nog veel vermag van vroeg tot laat het hy gearbei vir alles het hy kans gesien want, rus kan later kom sy hande is kliphard […]