gleuf
hier waar hy sit op platkruin van sy duin met blou golwe uitgestrek voor hom tot oor ronde horison is daar vlietende oomblik van skadu wanneer meeu oor sy sitplek gaan so is daar oomblikke waar iemand gleufie van my siel sal ervaar as woorde oor jou sweef woorde wat waarneem jou sien sit in […]
bruin blom
om my waai gras saggies jy het reg gehoor grassies waar net fynbos gewees het is daar vanjaar ook polle gras goeie reën seisoen gewees nou is dit weer verby verbruin my duineveld weer in donkerbuin mooi met kleure waar vog hou grys kleure van vetplante wat grys word in die reën bruin blomme wat […]
DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 9
Woensdag oggend besluit kolonel le Grnge om sersant Mofokeng ook op die saak te sit na n vergadering. Sy eerste plig sal wees om Molatsi se broer te gaan optel en in te bring vir ondervraging. “Arresteer hom vir minagting van die hof sersant. Dit gee ons darem n rukkie kans om hom aan te […]
STORM
STORM Golf oor golf breek oor my gemoed storm broei klotsende stemme slaan vas aan wande breinvoos suig gety spartelende emosies in hartkamers brullend sweepslag brander oor neurone elektriese lading lek aardskuddend in spiertonus spasmaties wriemelende sinne nou onbeheers seekatarms trillend in elk asemteug spoegend swetsend die storm broei uitgewas uitgeworpene neergesmyt in isolasie vergete […]
wie (grafika)
oor die donker bruin duine brom daar gierige winde winde wat rukkend stof op skop oor die vaal blou golwe suig daar gulsige winde winde wat alles opwerp in wit skuim verpletter wie is daar op my duin se kruin sweef saam in blou hemel hou net aan om te bestaan ©Teárlach
Bedorwe brokkie
Met haar getinte sonbril opgetrekte wenkbroue en ‘n geplooide mondjie sal sy mos sowaar sê “wat kyk jy?” Haar glurende helderblou oë met ‘n “maar ek dink anders” houding sit sy met opgetrekte knieë en gil verruk vir elke nuk Sy kry haar sin met alles ‘n regte klein snip te groot vir haar skoene […]
Klong (Hoofstuk Sewe) ©Eduard Smith
Hannetjie het weggestap en in die tuin verdwyn. “Ek weet jy het gejok voor die tannie…dankie daarvoor.” Maarten haal sy bril af en vryf sy oë. “Jy kan dit nie doen nie Francois.” Annemarie praat skaars hoorbaar. “Wat? Voorgee dat dit my kind is? Waarom nie?” Annemarie vat sy hand oor die tafel. “Jy kan […]
emosie – erosie
waar die winde waai waar die see strande maai waar my duin hervorm word waar ek vrede vir my siel vind daar is emosies van krag emosies wat erodeer dit wat is was reeds gewees dit wat kom was reeds gewees emosies kom en gaan gereeld volgens prikkels van buite volgens eie gesondheid erodeer in […]
‘n Pad vir my voete
Tussen die duine van jou woestyn’sand se growwe riwwe eindeloos Lê ‘n brandende hunkering om daar te loop hoe mooi is die landskap hoe lekker die lekkernye!
Gemeenskaplike euwel
Ek is die kind wat in sand en stof skool toe slof Ek dra die wêreld se tasse op my skof want ‘n wolf in die bos wat langs die paadjie luier, is die wolweskaap wat Sondags by ons kuier Ek is die kind wat reeds roem bereik het, kortstondig, tot die koerant verbleik het […]