Wiskunde Klas
Wiskunde Klas Ek sit in my gedagtes vas Dagdroom in die wiskunde klas Mense dwaal binne ʼn verbode woud Tyd loop en die wêreld word koud Eendag vat jy ʼn kans te veel En binnekort word jy beoordeel Ek voel my vriende is besig om te verdwyn Hul omgee vir ander begin wegkwyn Agter […]
Weerklank
my perde galop klankloos verby gister se golwe wat verbysterend en boos hartkamers omdolwe elke dag strompel met dowwe tree bring gister se weer onthou van dinge wat ten hemele skree dan weer van diepe berou soms weerklink kinderlaggies vrolik bo-oor humeure wat plotseling plof dan weer hande wat olik oor moeë oë slof verblydend […]
Verlange
je ne regrette rien met die verkoop van ons huis het ek hoop verloor, my hart gesmoor in ‘n ander huis voel ek vergruis, ontuis maar nuwe drome lê voor je ne regrette rien plat gestryk en gekrap soos gekreukelde papier deur lewe geklap, pap vertrap ons lewe is nou hier je ne regrette rien […]
Vals liefde
liefde is vriendskap op maat van musiek akkoorde deur sy eie ritme uitgekap praat sy eie taal sonder woorde wanneer jou hart toktokkie klop trou is nie perde koop nie, jy weet gee jy stukkies van jouself in opgewonde galop dis om saam sewe sakke sout op te eet as twee harte mekaar vind sing […]
Nog ‘n jaar
In die veld langs die pad in die grond droog en hard staan ‘n kruis dof deur die son gebrand Teen die donker dieptes van die nag deur ‘n donker-donker droom so amper of dit met bleek vingers aan my siel kan raak Dan kruip skaduwees oor die maan deur die wit mistigheid en suising […]
Wenners: Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek
Baie geluk aan die volgende lede GEDIGTE: 1 ste plek: Estelle Rubow met ’n Kerswens aan jou 2 de plek: Carma Shaw met Kersnag in die Karoo 3 de plek: Carla Visser met Jesusfees Eervolle vermeldings: Anzé Bezuidenhout met Genadereën Estelle Rubow met Kersgroete uit die Namib Francois Meyer met Kriphart Hannes Snyman met Verlosser […]
oujaar v- 2017
oujaar – 2017 as ‘n jaar vergeefs vasklou aan die gisters en die nou sy pad onverpoos vind, die son as wyser die aarde se baan belig, dink ek terug soos aan ‘n kers wat maar alleen net my eie kamer verlig hang portrette van elke beeld uit elke seisoen, namaaksels in goud en papier […]
GOEIE NUUS
Goeie Nuus In die koerante kom alte dikwels sulke berigte van rampe, politiese korrupsie, oorlog, terreur, geweld en ander onaangename gebeurtenisse. Allerhand katastrofes. Hoe vervrissend is dit dan om soiets te lees: In Noord-Duitsland het die polisie ‘n teddiebeer op ‘n rusplek langs die motorweg opgevang en weggevoer. Dit klink skrikwekkend — of belaglik – […]
‘n Nuwe Plek om Boeke te Adverteer en te Vind
Wel, dis seker nie “nuut-nuut” nie, maar wanneer jy die wêreld van boekbemarking betree sien jy hierdie webtuiste met nuwe oë: Goodreads. Ek het onlangs ernstig begin om my boeke – en boeke waarin my werk voorkom – te bemark op al wat ‘n sosialenetwerk is. Wat ek agtergekom het is dat meeste lesers hul […]
Hennetjie en die res
hennetjie en die res hier is ’n hoender voor my hekkie met drie kuikens aan haar sy hulle skarrel en skrop die paadjie van dorings en distels skoon en as vader son so skuins na wes lang skadu’s oor die velde gooi klim hennetjie en kuikens ewe slim al op hulle skewe stellasiekooi ©adéle