‘n EIKEJAAR
‘n EIKEJAAR Die Duitse spreekwoord sê: „Ek is so woedend, ek kan bome uitpluk!” Nou verbring ek my dae met bome uittrek en oor die heining in die buurvrou se tuin gooi. Hoe sê? Agge nee. Nie driehonderdjarige Van-Riebeek-bome nie. Ook nie soiets soos sypaadjiebome of maar net teruggesnoeide tuinbome nie. ___ƱΩƱ___ Nee, nee, nee! […]
Magriet se lied
Vat my Magriet tussen, jou loslyf reuke tot waar my woorde naak gedwee onderste bo sweef saam liewenheersbesies, kaalmoes en almoes rond, poets. ©morné du preez
‘n Dag
’n Moedersdag. ’n Vadersdag. Dink iemand… weet iemand ooit hoe ’n ouerhart op so dag kan brand-pyn kramp. Ouers wat ’n kind aan die dood afgestaan het. In die kerk is kindertjies opgewonde. Hulle gaan vandag in die kinderkerk presentjies maak vir Pa. Vooraf word alle kinders wat ’n pa in die kerk het, genooi […]
Skadi van die winterwind
Netsoos die lewe is jy koud soos staal maar teen jou skoonheid staar ek my blind Jy is die stormgod se Skadi klaaglied van die noordewind As die hemel haar laaste traan gestort het laat jy die somer in kilheid versink waar jy die lewe stadig maar seker ongeërg uit die velde opdrink Jy trek […]
DIE OUBAAS
DIE OUBAAS as die Oubaas kromrug nader skuifel die son net so effens so deur die ylgrys hare so op sy bleskop blink hoor ek hom grom en kreun sien hom norsrig op sy kierie leun my asem, die koue wasem wat deur sy neusvleuels wolk dis soos ‘n somber misfloers om my en ek […]
Voetpaadjies van verlange
Ek dink aan my kinderdae se wintertyd, en dit bring soet herinneringe terug dit was ‘n lekker tyd van saamwees Dit was tydloos die kleure van liefde familietyd, koestertyd en kuiertyd smaaklike toebroodjies, heerlike sop skottels koekies en warm sjokelade drankies ‘n Tyd van onskatbare waarde dit sal altyd sand wees in my lewe wat […]
gesteelde jeug
wanneer jong harte oor my duin stap met lewensverwagting en harte vol liefde sien ek weer my jeug in onafhanklike dalk selfsugtige realiteit oor en oor nederigheid was daar oor genoeg sagmoedigheid en geduld ook ons was rou en ongedeerd lewe was oop voor ons nie gekleed met dood moord, barbarisme of ewige vrees nie […]
Uittreksel uit my roman
HOOFSTUK 3 Anna lê in haar bed. Die donker vou haar ligaam in maar haar gedagtes is so helder soos die dag. Dit word nie ingeperk deur die swart kamer met sy swaar luike wat veronderstel is om die gevaar buite te hou nie. Nee, sy het die vertrek met sy ewe donker swaar meubels […]
Heengaan van ‘n roos
[Brons – 489 Woorde] Hy druk weer sy neus plat teen die ruit, maar maak nie saak hoe hard hy probeer nie, daar gebeur niks. Die wolkombers. Die kaggel. Watse kans staan hy? Hy stap vies om die huis tot by die ry roosbome en bekyk die welige struike vir ‘n oomblik. Hy hou sy […]
Die blou wens
Hier in my spens sit iets en grens diep binne-pens spoeg my uit kou my rou week my wil gril en brul bries koue wraak wat my kraak my gedagtes namaak sit en slaap koggel en gaap niks te begeer vind jy als hierdie vuil ou blou wens. ©morné du preez