ter sake
soos oral op aarde het my duin ook ‘n agenda daaglikse sakies wat te doen staan ingewortelde morele kodes wat roep soos see se eb en vloei gaan dit voort oral om ons baai woon daar mense wat van oral kom en hier aftree elkeen het sy eie waardes en elkeen sy eie agenda wanneer […]
‘n Offerand by die kampvuur
ek het die wind kom ry deur die langgras verby jou son tot waar sonvangers dans en die bokooi, die bokooi wat sing- fluisterend in my sy ek wil jou nooit laat vergeet van my pastel hart wat uit my ribbeen skeur, na ‘n offerand om nie in eensaamheid te verweer en ek het die […]
hava nagila
Laat ons juig Laat ons juig Laat ons ons verheug en gelukkig wees Kom ons sing Kom ons sing Laat ons sing en gelukkig wees Ontwaak, word wakker, my broers! Ontwaak my broers met ‘n gelukkige hart Ontwaak, my broers, word wakker, my broers! Met ‘n gelukkige hart ©Teárlach (Hava Nagila = Let us rejoice […]
rympies vir oues
giet gat rotter sit met sy bas in die botter sonder enige woorde stotter gewetenloos sonder kotter vreet mos die gans otter nul goue eiers sotter net honger otters ©Teárlach (sotters – A bunch of misfits/weirdoes.)
Skuimwit branders
Verlang ek na die see, om van poeletjie na poeletjie te spring tussen die rotse. Die sand die plantegroei, die gedruis van branders, die ouwêreldse sjarme en die antieke strandhhuise. Ek mis die talle soorte skulpies wat met ‘n gety in ‘n lang strook op die sand agtergelaat word. Ek dink aan die oesters wat […]
Die Klein Dingetjies
Dis daai klein dingetjies wat tel- die son wat koebaai sê na ‘n ellendige dag met die belofte dat môre beter gaan wees, die wolke wat ooptrek na hulle geween het, die laaste kolwyntjie in die boks net vir jou om te gaps, die glimlag van ‘n geliefde- alles wat niks is tel tog.
stoor
hoog teen die berg regs bokant die hartebees huis het die ou stoor gestaan sy hoë grasdak kap het donker rus vertolk sy enigste deur was ‘n swaar soliede blok van geelhout uit die berge ‘n groot seskantige knop blink gevryf met hande swaar yster sleutel binne die stoor was daar geheime van ouds wa […]
Liewe Vrou
wanneer die samelewing ’n etiket op jou wil plak onthou jy is meer werd as edelstene* want jy vind jou waarde in God selfs al het die lewe jou telkens probeer breek veg jy harder terug liefste vrou jy is vrou maar tog ook ma dis jou gebede wat jou gesin deur dra en partykeer […]
Maskerbrigade
Masquerade! Paper faces on parade…Masquerade! Hide your face, so the world will never find you… Hoe waar het hierdie woorde uit Phantom of the Opera nie in ons daaglikse lewe geword nie! ‘n Lewe agter ‘n masker om ons gesigte weg te steek. Ons bedek ons gesig, nie ter wille van mense nie, maar ter […]