DIE LEWE OP DIE SMAL WEG
DIE LEWE OP DIE SMAL WEG Treur oor die onreg van die lewe, wees sagmoedig in al jou dade, streef na die geregtigheid, wees barmhartig teenoor almal, hou jou hart rein van alle kwade gedagtes, wees ‘n vredemaker tussen mense en mense, maar bo alles, kies die geregtigheid en lewe volgens dit en verdra die […]
Oom en Tannies
Tannies het vet hamme wat hang op verkeerde plekke bazaar sale vol. Ompies het raam bene wat broeke laat gly tot onder die boude. Pa en Ma was agterstevoor gemaak ma sonder hamme pa lekker dik. een vrolik die ander ń bietjie grimmig altwee een mens.
Diep ankers
Jy gooi jouself die diepwater in en jy vra my dan, om te swem, tot waar ek in jou verdrink en jou oë diamante word wat my verblind Maar ek het nie die kaart vir hierdie reis, maar net die wind en die wind bly waai en jy bly my roep Waar ek soms kom […]
Droomvanger
Ek vang jou ‘n pouveer vandag onder donkergrys hemeltrane waar ons agter baksteenmure die ure verruil wyl ons, ons name op die gekondenseerde ruit graveer Ek vang jou ‘n droom vannag waar ons al ‘n duisend jaar al was en drimpelsag mekaar kerjakker tot waar ons eindeloos in mikroskopiese oomblike ejakuleer En as ek die […]
Die Swaan
Daar iewers het ek my Rembrandt vergeet sy bloed pers nog druppel-drip uit my hart, en ‘n akrielreuk wat my verlange verhard- daar iewers het ek my Dali vergeet oor ‘n geruite vloer, tamboer dit my, wyl ‘n pappegaaibek kwas snik-snik demp- daar iewers het ek my Monet vergeet in ‘n reën-nat papawer tuin tussen […]
Doel van Slaap
in sagte koel katoen voel my buitelyf tuis in holtejie heuwel rus my nek in my kop woel die ongeduld oor doel. oë toe, van toon een oor bene na nek sak onbewus die slaap kop maak sy movies oop blits belangrike vaal beelde in ń doellose wese.
reis en rys
die wind strooi sandkorrels soos rys oor my duin en verberg die spore van gister sonstrale droog klam dou van laasnag wat oor my kar lê en blink dit glinster en verdwyn op my bord lê daar bed van rys skaap en tamatie bredie bedek dit en dit ruik heerlik klein aartappeltjies rol die lewe […]