Humor in die kerk
RUBRIEK (Brons) Humor in die kerk. Kerk: net ʼn gebou, maar ook die plek waar talle gelowiges Sondae vergader waar, onder andere Woordbediening plaasvind. Soms is dit in hierdie einste gebou waar doopbeloftes afgelê word en ook feestelike tye soos huweliksbetrekkings geskied. By ander geleenthede is dit vir die minder aangename tye wat almal in […]
Vrystaat Tuin
In die jaard verkrimp proteas as ongeskik in vrystaat sand. Nat boland winters, koel see briese nou net ń somer stof wind of vrieskoue kaapse front. ń Spriet gras staan dof groen alleen in tuin grondpad wat ouma wragtig uitwys as pragtig in die dorre land. Vrou plan is om hier weg te gaan, nawaar […]
Limeriek een
(goud) ’n Sekere meisie lotter Se bekkie was glad soos botter Toe een haar herinner Staak nóú die geskinner Begin sy sommer te stotter © Carma Shaw 25 Februarie 2020 6:53
droë blare
droë blare vorm herfs plooie en pynstrepe ouderdom oral in die fynbosveld strooi die windjie droë blare rolbosse teen draad droë jare hang soos velle geboë rug en krom bene sit mense met kieries skuifel oor hobbel paadjies kyk op om te sien ©Teárlach
Lieflike Vryheid
‘n vaal vaal Valentyn. Jy kom kuier warm teen my alleen lyf sonder verwyt. Lief jy lê vurk sonder vrae of enige iets.
Lewens Klippie
As rots gevorm toe, afgebreek teen veraf rand. afgespoel met langvergete storm reën. Geskommel, gestamp en beroof van alle onewe rante verslyp in wit rivier tot ronde spoelklip. Duisende poele deur mos begroei versag, vermaal, verklein eeue later uitgewas deur bruin rivier mond. Die moeder het haar kind kom haal met sout skoon gewas en […]
Skrywers en Resensies
Jy kan die perfekte storie, perfekte omslagontwerp, perfekte taalversorging en perfekte einde hê en nogsteeds minimum boek verkope. Hoekom? ‘n Tekort aan resensies. Mense hou daarvan om te doen wat ander doen en as dit lyk asof niemand ‘n belangstelling in iets het nie (geen resensies nie), gaan hulle ook nie ‘n belangstelling daarin hê […]